Katte is nie noodwendig altyd die oorsaak van toksoplasmosebesmetting nie, sê dr. Andrew Whitelaw, 'n senior spesialis aan die Universiteit van Kaapstad se department mikrobiologie. Daar is verskeie ander draers; tref dus maar die volgende voorsorgmaatreëls:
- Moenie halfgaar of rou vleis of eiers eet nie en moenie ongepasteuriseerde melk drink nie. Dié kossoorte kan alles weefselsiste van besmette diere bevat.
- Was jou hande deeglik voor jy eet of kos hanteer, asook nadat jy aan rou vleis gevat of tuin gemaak het.
- Was vrugte en groente deeglik af voor jy dit rou eet.
(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)