Share

Hoe goed is jy?

Of jy nou die kilojouleteller of die eetlustige is, die gimslaaf of die stoepsitter, jou leefstyl bly jou eie verantwoordelikheid. Jy kan nuwe verhoudings aanknoop, maar onthou hierdie gesondheidsfeite:

  • 'n Gebrek aan oefening, dwelm- en drankmisbruik en 'n ongesonde dieet kan jou siek maak. Hoewel dit slegs in jou middeljare of later in jou lewe sal kop uitsteek, word die skade oor 'n lang tyd aangerig en begin dit dikwels al in jou kindertyd. Van die algemeenste risikofaktore is hoë cholesterol, hoë bloeddruk, vetsug, diabetes, kanker, nierversaking en emfiseem.
  • Om drie gebalanseerde maaltye per dag te eet is die beste ding wat jy kan doen vir jou gesondheid, want dit hou jou gemoedstoestand gelykmatig, verskaf energie en versterk jou immuunstelsel.
  • Wanneer jy oefen, verbrand jy kilojoules en verminder die risiko van 'n hartaanval en beroerte omdat jou hartspier versterk en jou bloeddruk verlaag word.
  • As jou bloedsomloop verbeter, sal jou seksdrang en korttermyngeheue ook 'n hupstoot kry. Endorfiene, wat vrygestel word as jy oefening doen wat jou hart vinniger laat klop, sal help om jou gelukkig en ontspanne te hou en minder gespanne en angstig.
  • Stres, slaaploosheid, angstigheid en depressie kan elk sy tol eis. Meditasie, lag en rus is belangrike teenmiddels en 'n belegging in goeie gesondheid.

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE