Share

Help-my-krap (skabies of skurfsiekte)

Mikroskopiese insekte (skurfmyte) boor in die epidermis van die warmer plekkies op die liggaam, soos die polsvoue en tussen die vingers en waar klere knel, veral in die onderlyf. Daar ontstaan dan 'n allergie vir skurfmyt, hul eiers en mis.

Klein kolletjies ontwikkel wat intens jeuk. Wanneer hieraan gekrap word, ontsteek dit maklik. Skurfsiekte word hoofsaaklik deur aanraking versprei en minder deur klere en beddegoed as wat voorheen vermoed is.

Behandeling: Verskeie salwe kan sonder voorskrif verkry word; vra jou apteker wat is veilig vir babas en kinders. Die res van die gesin kan hulle was met spesiale seep (Tetmosol) teen myte.

 

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE