Share

Help, my kind is 'n knerser!

Selfs jong kinders met melktandjies kners en soms is die tandjies byna heeltemal weggeslyt voor dit gewissel word. Nagtelike tandekners kan meer voorkom by kinders wat gediagnoseer is met  aandaggebrek en hiperaktiwiteit of dié met neusobstruksies.

Omdat kinders nog groei en 'n sagter beenstruktuur het, voel hulle nie die pyn so intens soos volwassenes nie, sê dr. Soraya Yasin-Harnekar, 'n spesialis in kindertandheelkunde aan die Universiteit van Wes-Kaapland.

Dit is belangrik om eers vas te stel hoekom kinders kners. Dit kan wees weens sielkundige faktore soos angstigheid of 'n onvermoë om woede te wys. As een tandjie hoër as die ander is, kners kinders ook meer.

"Ons gesels gewoonlik eers met ouers en stel 'n geskiedenis op voor ons op behandeling besluit," sê

Soraya.

"As 'n kind kners weens angstigheid verwys ons die ouers na 'n sielkundige. As dit is weens 'n tand wat uitsteek, kan ons dit met die ander tande gelyk skuur. Indien nodig maak ons 'n sagte mondskerm van vinielplastiek wat sowat 3mm dik is. Dit pas op die boonste tande en help gewoonlik dat die gewoonte binne drie maande afgeleer word."

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE