Share

Hart-risiko hoër ná 2 uur voor die TV

Volgens 'n onlangse studie het mense wat meer as twee uur per dag van hulle vrye tyd voor die TV of enige ander monitor deurbring, 'n hoër risiko vir hartsiekte en selfs sterfte.

Navorsers sê dat die effek nie enige verband hou met hoeveel oefening 'n mens kry nie, wat aandui dat die manier hoe ons ons vrye tyd buite werksure deurbring 'n enorme impak op ons algemene gesondheid het.

"Dit het alles met gewoonte te doen. Baie van ons het geleer om wanneer ons by die huis kom, dadelik die TV aan te skakel en dan vir 'n paar uur stil te sit. Dit is gerieflik en maklik," sê Emmanuel Stamatakis, 'n deskundige op die gebied van epidemiologie en openbare gesondheid aan University College in Londen.

"Maar dit is sleg vir die hart én ons algemene gesondheid," sê Stamatakis, wat saam met die ander outeurs van die studie 'n aantal openbare gesondheidsriglyne aanbeveel wat waarsku oor die risiko van 'n gebrek aan aktiwiteit gedurende ons vrye tyd.

Dringende waarskuwings

Sulke waarskuwings is belangrik, "veral omdat die meerderheid werkende volwassenes vir lang tye onaktief is terwyl hulle pendel of voor ’n lessenaar of rekenaar sit," sê die studie wat in die Journal of the American College of Cardiology gepubliseer is.

Navorsers het die data van 4,512 volwassenes wat aan die Scottish Health Survey of Households deelgeneem het, geanaliseer. 

Die inligting oor tyd voor 'n beeldskerm is gebaseer op self-voorsiende data oor TV- of DVD-kyktyd, vrye tyd-rekenaargebruik en die speel van videospeletjies.

Nadat wetenskaplikes mense wat aangedui het dat hulle minder as twee uur per dag voor monitor-gebaseerde vermaak deurbring, met mense wat meer as vier uur per dag voor skerms spandeer, vergelyk het, kon hulle by laasgenoemde 'n 48% hoër risiko vir sterfte as gevolg van 'n verskeidenheid oorsake vasstel.

Selfs by diegene wat net twee of meer uur per dag ná werk voor ’n skerm deurbring, het hulle 'n 125% hoër risiko vir kardiovaskulêre noodgevalle soos hartaanvalle gevind.

Anders as ander risikofaktore

"Hierdie assosiasies was onafhanklik van tradisionele risikofaktore soos rook, hipertensie, BMI (liggaams massa indeks), sosiale klas én oefening," het die studie bevind.

Navorsers kon egter korrelasies vasstel tussen vlakke van inflammasie en cholesterol by mense wat hoofsaaklik sit.

Volgens die studie kon " 'n kwart van die korrelasie tussen tyd voor die skerm en kardiovaskulêre noodgevalle, kollektief deur C-reaktiewe proteïne (CRP), liggaams massa indeks en hoëdensiteit-lipoproteïen (HDL) cholesterolverduidelik word".

CRP, 'n aanduider van laegraadse inflammasie, was omtrent twee keer so hoog by mense wat meer as vier uur per dag van hulle vrye tyd voor ’n skerm deurbring as by mense wat minder as twee uur per dag voor monitors spandeer.

Stamatakis sê hy wil voortgaan met sy studies oor hoe 'n langdurige gesit menslike gesondheid affekteer, en hoe lewenstylveranderinge aangewend kan word om onaktiewe tyd te verminder. - (Sapa, Januarie 2011)

Lees verder:
Tweedehandse televisie-blootstelling gekoppel aan eetversteurings
Jou gene en hartsiekte

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE