Share

Gewig-obsessie

“Ek is ’n 16 jarige meisie wat al 2 jaar sukkel met ’n gewigsobsessie. Ek weeg 46 Kg en het ’n groot vrees om vet te word. Ek is baie gesondheidsbewus en raak paniekerig as ek nie kan oefen nie.

Ek het twee jaar gelede gemenstrueer (en is bang dat ek nooit kinders sal kan kry nie), sukkel met hardlywigheid, en kry maklik koud. Almal sêek is te maer, maar ek lyk nie vir myself so maer nie. Soms vergryp ek my aan kos, en dan kry ek skuldgevoelens. Ek wil graag ’n dieetkundige gaan sien, maar my ma sêek het ’n sielkundige probleem. Wat staan my te doen?”

TianéMccarthy

 

Ek is so bly dat Tianédie vrymoedigheid het om aan ons te skryf oor haar obsessie met haar gewig, aangesien dit so ’n ernstige probleem is in ons moderne samelewing. Dit is verblydend om te sien dat ons jong mense so gesondheidsbewus is, en graag gesond wil eet en oefen.

Tianébeskryf vir ons al die tipiese kenmerke van die eetversteuring van ons tyd wat bekend staan as anorexia nervosa. Dit is ’n toestand wat gekenmerk word deur ’n versteurde liggaamsbeeld, ’n vrees om vet te word, en ’n onvermoëom normale liggaamsgewig te behou. Dit kom meer algemeen voor onder die vroulike geslag en begin dikwels gedurende die adolessensie. Die afwesigheid van menstruasie is ook kenmerkend, maar jy hoef nie bekommerd te wees dat jy eendag kinderloos sal wees nie.

Mense met hierdie afwyking het ’n obsessie met kos, en alles word oorheers met ’n versugting om maer te wees. Die oorsaak van hierdie eetversteurings bly maar vaag, maar dit is die gevolg van ’n interaksie tussen psigologiese faktore, maatskaplike omstandighede en biologiese vatbaarheid. Dit is baie moeilik om hierdie mense te behandel, aangesien die pasiënt nie altyd gewillig is om te erken dat hulle ’n probleem het nie, en die familie het dikwels probleme om hulle te oorreed om vir behandeling aan te meld.

Alhoewel ons weet dat anorexia ’n ernstige toestand is, is dit belangrik om te beklemtoon dat herstel wel moontlik is. Dit is baie belangrik dat daar ’n goeie terapeutiese verhouding tussen die mediese versorgers en die pasiënt sal wees, en dat daar ’n deeglike fisiese en psigiatriese evaluasie gedoen sal word om ’n definitiewe diagnose te maak. Die simpatieke samewerking van die familie en vriende is belangrik. Vetsug is besig om epidemiese afmetings aan te neem, en die vroulike liggaam word toenemend gebruik deur die advertensie wese. Die mens se selfbeeld hang ook baie af van ’n perfekte liggaam, met die klem op maerheid. Die sosiale druk om nie vet te wees nie word net te veel.

Ons raad aan jou is om so gou as moontlik raad te soek by jou huisdokter of dieetkundige wat kundige mense sal konsulteer om jou by te staan in jou stryd teen hierdie eetversteuring. Dit is baie goed dat jy hou van oefening, aangesien dit die metabolisme verhoog, en dit help ook sommer om die eetlus te temper. Die pasiënt moet gehelp word om gesonde eetgewoontes aan te leer voordat daar aandag gegee word aan die gewig.

Dit is ’n lang en moeisame pad, maar jy het al die eerste tree geneem deur om raad aan te klop. Die herstel van die liggaamsgewig is belangrik, maar in jou geval is jou gewig binne normale perke, en sal jy baat vind by psigoterapie en selfs sekere medisyne om jou vrese aan te spreek.

(Huisgenootbrokkies)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE