Gevaarlike simptome
Pyne wat jy nie moet ignoreer nie
- ’n Verskriklike hoofpyn. As jy verkoue het, is dit dalk net ‘n sinushoofpyn – maar dit kan breinbloeding of ’n breingewas wees.
- Pyn of ‘n drukkende gevoel op die bors of in die keel, kaak, skouer, arm of buik. Dit kan ‘n hartaanval wees.
- Pyn in die kruis of tussen die skouerblaaie. Dis gewoonlik artritis, maar dit kan ook op ’n lewensgevaarlike skeur in die aorta dui.
Bonuswenke
- Ander pyne wat jou dokter toe moet stuur: Hewige maagpyn (gebarste blindederm, maagseer of dermverstopping), kuitpyn (diep-aar-trombose) en naaldprikke in jou voete en bene (diabetes).
- Het jy vae pyne sonder ’n duidelike oorsaak? Die probleem kan depressie wees.
(Huisgenootbrokkies)