Share

Gesonde werkplek

Jy kyk weer op jou horlosie want dit voel asof jy al 'n eeu lank agter jou lessenaar sit, maar dis net nege minute later. Jy voel mislik en lighoofdig en jy's seker jy't koors. Maar om vandag by die huis te bly, was net nie 'n opsie nie.  

As jy al ooit 'n werk gehad het, het dit beslis al met jou gebeur dat jy eenvoudig werk toe moes gaan alhoewel jy siek voel. Of jou maag omgekrap is, of jou maandstonde jou opkeil en of 'n spinnekop jou gebyt het, daardie voorlegging aan die Britse afgevaardigdes moet net eenvoudig gedoen word.

Wenke oor hoe om die dag te oorleef

Neem 'n lekker warm bad dié oggend. Wanneer jy skoon voel, lyk alles rooskleuriger. As jou probleem stresverwant is, sal 'n warm bad ook jou sirkulasie verbeter en jou beter laat voel.

Sê vir jou onmiddellike baas jy voel nie lekker nie. Dit is essensieel indien jy vroeg wil huis toe gaan. As hulle voor die tyd weet, sal hulle nie verbaas wees nie. Dit mag hulle ook aanmoedig om jou werkslading vir die dag effens te verminder.

Maak seker jy het die regte medikasie byderhand. Dit is nie lekker om by die werk te sit met sooibrand of 'n verblindende hoofpyn sonder om iets daaraan te kan doen nie.

Bly weg van koffie en gemorskos. Dit mag jou net slegter laat voel. Vrugte en Rooibos tee mag egter die gewenste uitwerking hê.

Moenie vir almal al die grusame besonderhede vertel nie. Moenie die hele dag lank vir almal in die fynste besonderhede vertel wat met jou verkeerd is nie. Hulle stel oor die algemeen nie juis belang nie, veral nie as hulle niks daaraan kan doen nie. Die vraag "Hoe gaan dit?" is nie 'n uitnodiging om hulle die nuutste bulletin oor jou mediese toestand te gee nie.

'n Rustige wandeling oor middagete. Dikwels is 'n bietjie vars lug net wat jy nodig het. Dit sal ook jou sirkulasie 'n hupstoot gee, wat altyd 'n goeie ding is.

Die nodige medikasie. Maak seker jy het altyd pynstillers, teensuurmiddel, anti-diarree tablette, tampons (as jy 'n vrou is), sneesdoekies en antihistamine in jou laai by die werk. Daar is niks so erg soos om kwaai maandstondepyn, 'n allergiese reaksie of 'n kloppende hoofpyn by die werk te hê en niks daaraan te kan doen nie.

Bel die apteek. Onthou, daar is apteke wat aflewer – selfs al het jy nie 'n rekening by hulle nie. Baie van hulle doen KBA aflewerings. Jy kan ook jou dokter vra om 'n herhaling van jou voorskrif na die betrokke apteek deur te faks.

Maak jou dag eenvoudig. As jy naar voel, is dit nie die regte tyd om jou te bekommer oor jou kollegas se onvanpaste kleredrag of swak werkverrigting nie. Stel vergaderings of afsprake wat stresvol mag wees uit.

Maak 'n afspraak by jou huisdokter oor middagete. Dit help nie om te wag tot jy dodelik siek is voor jy hom gaan sien nie.

As jy aansteeklik is, bly by die huis. Dit is beter vir die maatskappy dat jy die dag afneem as dat die hele kantoor griep kry.

Jy sal weet wanneer jy te siek is om te gaan werk. Onthou dat siekteverlof met 'n rede bestaan. As jy werk toe gaan wanneer jy liewer by die huis moes gebly  het, kan dit daartoe lei dat jy op die ou end drie dae in die bed moet bly om te herstel.

Kry soveel slaap as moontlik. Daar is niks soos 'n goeie nagrus om jou kragte te herstel en op te bou nie.

(Susan Erasmus, Health24, hersien Augustus 2010) 

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE