Energie
Sportlui: Kry so meer woema
- Koolhidrate is die kragtigste bron van kitsenergie. As jy hard oefen, het jy 5-10 gram koolhidrate per kilogram liggaamsgewig per dag nodig. Eet dit voor, tydens en ná oefening.
- As jy strawwe weerstands- of uithou-oefening doen, het jy 1,3-1,8 g proteïen per kilogram liggaamsgewig per dag nodig. Hoog bo seespieël verhoog dié syfer tot 2,2 gram.
- Vitamien C, betakaroteen en vitamien E werk ook moegheid teen. Kry dit liewer uit kos as uit aanvullings.
Bonuswenke
- Top-atlete het tussen 8 400 en 25 000 kJ per dag nodig, afhangend van die soort sport en hul ouderdom, geslag en die intensiteit waarmee hulle oefen.
- Te veel oefen, ontwatering, stres en infeksies kan atlete futloos laat voel.
(Huisgenootbrokkies)