Share

Ek sterf om slank te wees

Volgens 'n opname het 30% van Britse vroue by 20 universiteite aangedui dat hulle bereid sou wees om hulle lewens met 'n jaar of selfs meer te verkort in ruil vir hul ideale liggaamsgewig!

Ongeveer 10% het gesê dat twee tot vyf jaar 'n nie te hoë prys sou wees om te betaal om slank en viets te wees nie, terwyl 3% gewillig sou wees om 'n dekade of meer prys te gee.

"Hierdie bevindings maak dit duidelik dat liggaamsbeeld vir alle vroue 'n belangrike kwessie is, nie net vir jong meisies nie," sê Philippa Diedrichs, 'n professor aan die University of the West of England en die hoof-samesteller van die studie.

Die gemiddelde ouderdom van die 320 vroue wat deelgeneem het, was 'n rapsie onder 25 en die ouderdomme het gestrek van 18 tot 65. Die studie het 'n kommerwekkende gaping tussen realiteit en persepsie getoon met betrekking tot die vroue se selfbeeld, sê Diedrichs.

Gewig bly 'n knelpunt

Byna 80% van die vroue wat aan die opname deelgeneem het, het gesê hulle wil gewig verloor. 78% van hulle was egter binne, of selfs onder normale gewigsgrense.

Meer as nege uit 10 vroue het gesê hulle het "negatiewe gedagtes" oor hulle voorkoms gedurende die voorafgaande week gehad, en 'n derde het gesê dat hulle "verskeie kere per dag" sulke gedagtes het.

Ongeveer 5% van hoofsaaklik die jong vroue het erken dat hulle reeds kosmetiese chirurgie ondergaan het, en 'n verdere 39% het gesê hulle sou chirurgie oorweeg as dit nie so duur was nie.

Ander opofferings wat 'n kwart van die vroue bereid sou wees om te maak om maerder te wees en te lyk, het £5,000 (omtrent R54,000) van hulle jaarlikse salaris, bevordering by die werk, meer tyd saam met hulle metgesel of familie, of selfs hulle gesondheid ingesluit.

Die opname is gedoen deur die Succeed Foundation, wat poog om die algemene bewustheid van eetversteurings te verhoog en ondersteuning te voorsien aan diegene wat daardeur geraak word.

(Sapa, April 2011)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE