Share

Egskeidings laat vroue se hare uitval

Benewens die pyn van egskeiding wil dit voorkom asof vroue wat die verbrokkeling van hulle huwelik moet hanteer ook nog deur haarverlies geteister word. 

Nuwe navorsing toon dat bo en behalwe genetiese faktore die sterkste voorspeller van sentrale haarverlies by vroue hulle huwelikstatus is, en dat die verlies van ’n eggenoot (óf deur egskeiding óf dood ) die risiko vir die vermindering van hulle haardos bó die van getroude of enkellopende vroue verhef.

"Stres is waarskynlik dié aspek van ’n onaangename skeisaak wat tot haarverlies by vroue lei,” sê die skrywer van die studie, Dr. Bahman Guyuron, die hoof van die departement van plastiese chirurgie aan die Case Western Reserve School of Medicine.

Volgens die studie verhoog oormatige drink en/of rook blykbaar ook die risiko vir haarverlies by vroue.

Rook, drink en haarverlies

Rook en swaar alkoholgebruik dra ook by mans tot haarverlies by, volgens die studie. Maar wat ander aspekte betref, reageer die twee geslagte anders, en die verskillende patrone van manlike haarverlies word onder andere deur oormatige blootstelling aan die son, kankergeskiedenis en ’n “stoelpatat”-lewenstyl aangewakker.   

"Wat ons wél kan sê, is dat ons faktore geïdentifiseer het wat die risiko vir mans en vroue, onafhanklik van genetiese geneigdheid, beide verhoog en verlaag,” sê Guyuron.

In die eerste studie het die skrywers uitsluitlik op ’n groep van 84 vroulike identiese tweelinge gefokus. Almal het lewenstyl-vraelyste voltooi en daarna toetsing van hormoon-bloedvlakke en uitgebreide foto-analise van hulle hare ondergaan. Studies van identiese tweelinge kan van groot waarde wees omdat tweelinge presies dieselfde gene het, wat genetiese verskille as ’n potensiële oorsaak van ’n neiging of siekte uitskakel.

Die span het gevind dat hoe langer ’n vrou gerook het, hoe groter die haarverlies langs haar slape. ’n Geskiedenis van veltoestande het ook bygedra tot haarverlies in daardie area, terwyl slegs ’n paar drankies per week, verbasend genoeg, daardie risiko skynbaar verlaag het. 

Haarverlies in die koronale area (naby die bopunt) van die kop by vroue is gekoppel aan diabete, ’n sekere soort velsiekte en die rookgewoonte. Oorgewig of vetsugtigheid is geassosieer met ’n verminderde risiko vir haarverlies. 

Guyuron sê die bevindings dui aan dat haarverlies by vroue ook deur oormatige slaap veroorsaak kan word, én situasies wat algemeen met stres geassosieer word, soos om geboorte aan baie kinders te skenk en/of om te trou.   

Sonblootstelling en haarverlies

Vroue wat koffie drink, sonskerm gebruik (soos ’n hoed) en gelukkig getroud is, het almal ’n laer totale risiko vir haarverlies, voeg hy by.

Die span se tweede studie het op ’n soortgelyke manier haarverlies by 66 manlike identiese tweelinge bestudeer. Die resultaat: benewens rook en sonblootstelling het ’n geskiedenis van skilfers ook die risiko vir sentrale haarverlies verhoog, terwyl kumulatiewe sonblootstelling en ’n geskiedenis van kanker die risiko vir beide haarverlies langs die slape en bo op die kop verhoog het. 

Mans wat nie gereeld oefening gedoen het nie en hoë bloeddruk gehad het, se risiko vir haarverlies bo op die kop was ook hoër.

Mans wat baie in die buitelug oefening gedoen het se risiko vir haarverlies is ook hoër en volgens Guyuron is sonblootstelling hier dalk die sondebok.

Dr. Doris Day, ’n dermatologie-deskundige by Lenox Hill Hospitaal in New York, was effens verbaas oor die bevindings wat haarverlies by vroue aan egskeiding koppel. 

"Dit is ingewikkeld,” het sy opgemerk, “maar dit is geen skok om te beweer dat verskeie soorte stres tot haarverlies kan lei nie. Of dat mans en vroue stres nie op dieselfde manier ondervind nie, wat daartoe lei dat haarverlies-patrone verskillend mag wees.” 

"Eintlik is ek ’n groot voorstaander van die idee dat dit die manier is hoe ’n mens stres hanteer wat op die ou einde die grootste verskil maak,” voeg sy by. “Die skakel tussen die brein en die liggaam is ongelooflik sterk. Dit help om perspektief te handhaaf, om die groot dinge wat in die lewe gebeur, die groot mylpale, reg te hanteer en ’n oop gemoed te behou.” 

"Natuurlik kan ’n mens nog behandeling ontvang,” sê Day. “Jy kan nog steeds byvoorbeeld Rogaine druppels insmeer of laser-behandeling ontvang. Daar is altyd mediese opsies, en die een sluit nie die ander uit nie. Maar pasiënte moet ook probeer om te beheer wat hulle kan in terme van die manier hoe hulle stres benader én stresvolle situasies hanteer.”  

Meer inligting

Vir meer inligting oor haarverlies, besoek die American Academy of Dermatology.


(Kopiereg © 2010 HealthDay. Alle regte voorbehou.) 

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE