Edeem
Hou geswelde voete so in toom
-
Skud oortollige gewig af. Die swaartekrag trek vloeistof na jou voete en enkels. Oorgewig maak jou bloedsomloop stadiger wat jou voete laat swel.
-
Eet minder sout (wat veroorsaak dat jou liggaam water terughou) en vra jou dokter of die swelling dalk vererger word deur die medikasie wat jy gebruik.
-
Gee jou bloedsomloop ’n hupstoot deur steunkouse te dra en nie vir lang tye te sit nie.
Bonuswenke
-
Spreek ’n dokter as die swelling onophoudelik voortduur, as dit gepaardgaan met kortasemigheid en gewigtoename, of as dit die vel beskadig.
-
Gereelde oefening verbeter bloedsomloop en sorg dat ’n mens se voete nie so swel nie.
(Huisgenootbrokkies)