Share

Dwelmmisbruik op skool neem vinnig toe

Dwelmmisbruik onder kinders het die afgelope sewe jaar verdubbel en al hoe jonger kinders eksperimenteer met dwelms.

So sê Grant Jardine, bestuurder van die jeuguitreikprogram by die Kaapstadse Dwelmvoorligtingsentrum waar hulle jaarliks tot 900 mense behandel.

Volgens Mnr. Jardine het tussen ‘n derde en ‘n helfte van seuns voor Graad 11 al onwettige dwelms gebruik. Die meeste van hulle het voor die ouderdom van dertien reeds begin om te eksperimenteer.

“Dit is ‘n groot bekommernis,” sê Mnr. Jardine. “As kinders op ‘n vroeë ouderdom begin, is die kanse dat hulle verslaaf sal word, baie groter.”

Die mees algemene dwelms wat gebruik word, is alkohol, dagga, mandrax, “crack”, kokaïne en heroine.

Ongelukkig is daar niks wat ouers kan doen om te verhoed dat hulle kinders aan dwelms blootgestel word nie. Dwelmmisbruik kom in alle skole voor en alle kinders sal op een of ander stadium moet besluit of hulle met dwelms gaan eksperimenteer of nie.

Hoe beskerm ek my kind teen dwelms?
Volgens Mnr. Jardine kan ouers hulle kinders voorberei vir die dag wat hulle hierdie besluit moet neem. Hy gee die volgende riglyne:

  • Lig eerstens jouself in oor dwelms. Dit sluit die beskikbaarheid, voorkoms en nagevolge in.
  • Bespreek dwelms met jou kind.
  • Luister na jou kind en moenie moraliseer of preek nie.
  • Moenie bangmaakstories vertel nie. Dit werk nie.
  • Probeer om die situasie van sy/haar kant te verstaan.

Hoe kan ek ‘n dwelmprobleem identifiseer?
As jou kind dwelms gebruik, is daar ‘n verandering in sy algehele gedrag. Moenie paniekerig raak as jou kind net een of twee kenmerke toon nie.

Kyk uit vir die volgende tekens:

  • Tekens van bybehore wat gebruik word vir dwelmgebruik. Dit sluit in gebreekte bottelnekke, gebrande lepels, lemmetjies en foelie.
  • Rooi oë en/of vlekke op hande
  • Skielike gewigsverlies of toename
  • Sleeptong praat
  • Onsamehangende gesprekke en vinnige verandering van een onderwerp na die ander
  • Verlies van belangstelling in en genot van dinge wat hy voorheen geniet het
  • Verandering van kleredrag en vriende
  • Swakker prestasie op skool.

Ilse Terblanche, Health24

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE