Share

Die waarheid oor algemene kat-mites

Deur die eeue heen was daar al baie verkeerde idees oor katte. 'n Voorbeeld is die algemene opvatting dat dit goed is vir katte om koeimelk te drink.

Die waarheid is egter dat die meeste katte laktose-onverdraagsaam is en nie die suiker in melk kan afbreek nie, sê Joseph Wakshlag, DMV, 'n medeprofessor van kliniese voeding by Cornell University College of Veterinary Medicine in die VSA. Klein katjies drink heel korrek moedersmelk, maar as hulle eers gespeen is, word ander soorte melk, soos koeimelk, nie aanbeveel as deel van 'n kat se dieet nie. "Soos (party) mense het katte nie die ensieme om laktose af te breek nie," sê Wakshlag. "Evolusionêr gesproke is dit nie deel van wat katte in terme van voeding nodig het nie."

Verder, voeg hy by, kan melk dinge net vererger as 'n kat alreeds 'n omgekrapte maag het. "Dit is die laaste ding wat jy vir 'n kat met spysverteringsprobleme moet gee," sê hy.

Soos in die geval van die meeste mites is daar gewoonlik 'n greintjie waarheid by betrokke. Deur die jare het boere dikwels pieringkies melk vir klein katjies uitgesit. Dit was egter 'n toevoeging tot ’n vleis-en-weefsel dieet, aangesien katte hoofsaaklik muise in die skure gevang het, verduidelik Wakshlag.

Die verspreiding van mites oor die gesondheid van katte is soos die "telefoonspeletjie"  waar iemand iets sê, en die boodskap van persoon tot persoon oorgedra word. "Dit is net soos stedelike legendes," sê Arden Moore, skrywer van The Cat Behaviour Answer Book (Storey 2007) en redakteur van die tydskrif Catnip. "Niemand doen die moeite om uit te vind of dit feit of fiksie is nie. Hulle meen hulle het dit êrens gehoor, en dus moet dit waar wees."

Soms is die mites skadeloos, soos die algemene opvatting dat katte afsydige kreature is – verewig deur fiktiewe karakters soos die Cheshire Cat in Alice in Wonderland. Maar partykeer kan die stories skadelik wees. Wanneer die mites met katte se gesondheid en voeding te doen het, moet jy as eienaar seker maak dat wat jy op die internet gelees het of by jou oupa en ouma gehoor het, korrek is.

Feit of fiksie?

Hier is 'n paar algemene opvattings om jou te help om jou kat-intelligensie te toets:

Katte land altyd op hulle voete

Feit: Katte het 'n buitengewone "oriënteringsrefleks" en 'n baie soepel ruggraat. Hulle val instinktief op hulle voete, maar dit verhoed nie noodwendig dat hulle 'n paar bene breek nie, sê Moore. Sy raai eienaars aan om seker te maak dat daar versperrings by vensters en op lysies is wat keer dat katte uit hoë geboue val.

Sterilisering en kastrering veroorsaak gewigstoename

Fiksie: Daar is min wetenskaplike bewyse wat sterilisering aan gewigstoename koppel. Die hoofrede hoekom katte gewig aansit, is 'n gebrek aan aktiwiteit, wat volgens Wakshlag hoofsaaklik met huisgebonde katte gebeur. Die feit dat jou mannetjieskat nie meer rondsluip, sal ons maar sê op soek na liefdesavonture nie, mag sy algehele aktiwiteitsvlak verlaag.

Swanger vroue moenie katte aanhou nie

Feit: Dit is waar dat party katte met 'n siekte wat toksoplasmose genoem word, besmet is. Dit is moontlik dat hierdie siekte deur kontak met katte se sandbokse na mense kan versprei en ongebore babas kan aantas. Wakshlag sê egter dat swanger vroue maklik kontak met sandbokse kan vermy. Hulle kan ook hulle hande deeglik was en seker maak dat hulle nie aan hulle monde raak as hulle moontlik met katte-feses in aanraking gekom het nie.

Katte is nagdiere

Fiksie: Katte kan wél goed sien, maar volgens Moore nie in totale donkerte nie. Die waarheid is dat katte vroeg soggens en vroeg saans op hulle aktiefste is. Moore sê: "In die natuur jag katte meestal gedurende dagbreek en skemer."

Knoffel op kos hou vlooie en wurms in toom

Fiksie: Knoffel en uie het die potensiaal om bloedarmoede by katte te veroorsaak, sê Wakshlag. Tot op hede kon niemand nog daarin slaag om te bewys dat knoffel wurms en vlooie weghou nie.

Het katte nege lewens?

"Hulle het net een, maar slaag dikwels daarin om uit die moeilikste situasies te kom," sê Moore. "Dis maar net ons wat wens hulle het nege lewens."

Vra vir CyberVet 'n vraag. 

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE