Share

Die koste van skoonheid?

Die meeste skoonheidsmiddels bevat toksines – karsinogene, allergene, hormoonversteurders – in baie klein dosisse. Maar ons is so mal oor ons oorlogsverf en parfuum dat ons onsself miljoene van hierdie mini-dosisse in die loop van ons leeftyd toedien. Wat doen hierdie persoonlike chemiese lading aan ons gesondheid?   

Vir 'n noukeurige en vermaaklike oorsig van dié kwessie, kyk "The story of cosmetics", 'n slim animasie kortfilm wat deur The Safe Cosmetics Campaign en The Story of Stuff vervaardig is:

As jy 'n vrou is, sal jy vandag doelbewus ongeveer 168 chemikalieë, waarvan baie bekende gifstowwe vir jou liggaam is, aanwend. As jy ’n man is, ongeveer 85.

Dit klink ongelooflik, maar 12 persoonlike sorg- en skoonheidsprodukte, wat die gemiddelde is wat 'n vrou daagliks gebruik ('n man gebruik ongeveer 6), 169 sintetiese chemikalieë bevat.

Tel vinnig hoeveel produkte jy gebruik wanneer jy soggens opstaan. Jy stort, borsel jou tande en sit grimering aan: tandepasta (1), sjampoe (2), haaropknapper (3), stortjel (4), toneerder (5), reiniger (6), bevogtiger (7), onderlaag (8), lipstiffie (9), ooglyner (10), maskara (11), oogskadu (12), blosser (13), deodorant (14), naelpolitoer (15).

En dit was net vanoggend.

Die hele dag lank word baie van die chemikalieë in hierdie magdom produkte saam met 'n angswekkende mengsel van ander gifstowwe uit ons besoedelde omgewing deur ons geabsorbeer, ingeasem en selfs geëet. 

Stacy Malkan, wat hierdie week tydens die Kaapstadse bekendstelling van haar boek Not Just a Pretty Face: The Ugly Side of the Beauty Industry, optree, gee toe dat sy as tienderjarige " 'n obsessie met kosmetiese middels" gehad het, wat aan haar die transformasie na 'n perfekte weergawe van haarself belowe het.

Maar deesdae, sê Malkan, fokus sy nie meer soveel op wat skoonheidsprodukte kan doen om haar te verander nie, maar meer op wat sy kan doen om sulke produkte te verander.

Malkan is die medestigter van die Campaign for Safe Cosmetics, 'n koalisie van nie-winsgewende gesondheids- en omgewingsgroepe in die VSA. Hulle werk om buwusmaking van die toksiese "chemiese lading" wat in bekende, bekoorlik-verpakte, lekkerruik-skoonheidsprodukte skuil, te bevorder en om die wetgewing wat hierdie produkte reguleer, "skoon te maak". 

Hoekom op kosmetiese produkte konsentreer?

Ons moderne mense leef in 'n ongesonde "sop" van gifstowwe binne en buite hulle huise en daar is baie moontlike sondebokke wat tot die stygende voorkoms van kanker, allergieë, asemhalingsiektes en voortplantings- en ontwikkelingsafwykings kan bydra.

Maar alhoewel hulle miskien nie so lelik en opvallend soos oliestrepe of fabrieksrook is nie, is kosmetiese produkte ver van onskuldig en 'n bron van groot kommer vir gesondheidsaktiviste soos Malkan.

Daar word geskat dat 'n angswekkende 10,500 chemiese bestanddele in persoonlike sorg-produkte gebruik word; party daarvan is bekende gifstowwe en oor baie meer van hulle is daar nog nie ordentlike navorsing gedoen met betrekking tot hulle moontlike skadelike uitwerkings nie.

En daar bestaan geen twyfel dat die chemikalieë van die omgewing om ons, in die innerlike omgewing van ons liggame beland nie.

Ftalate en ander ongemaklike name

Malkan spreek haar kommer uit oor ftalate – 'n groep industriële chemikalieë wat gekoppel word aan defekte in die manlike voortplantingstelsel en wat die Campaign for Safe Cosmetics hul eerste hupstoot gegee het.

Studies deur die Centers for Disease Control het aangedui dat alle moderne mense ftalate in hul liggame het, maar dat veral vroue in hulle voortplantingsjare baie hoë vlakke daarvan het. Navorsers het dus begin wonder oor die oorsaak van die blootstelling van vroue spesifiek tussen 20 en 40: kosmetiese middels was beslis 'n moontlikheid.

Daarbenewens bevat baie kosmetiese middels ftalate. Om net een voorbeeld te noem: daar is bevind dat die gewilde parfuum van die tagtigs, Poison, (heel toepaslike naam) nie minder nie as 4 verskillend ftalate bevat het. (Dit is intussen herformuleer as gevolg van druk deur belangegroepe, en is nou ftalaat-vry.)

Maar ftalate is net die punt van die ysberg. Hier is 'n paar voorbeelde van die toenemende teenwoordigheid van riskante chemikalieë in grimeermiddels op en in ons liggame: 

  • Sintetiese muskus wat in kommersiële geure gebruik word, is in die naelstringe van pasgebore babas gevind. 
  • Formaldehied en1,4 dioksaan, is altwee karsinogene, wat in baba-produkte gevind word, insluitende sulke vertroude name soos Johnson's Baby Shampoo.
  • Endokriene versteurders, wat wydverspreid in parfuum aangetref word, word veral in die urine van tienerjarige meisies gevind. Daar is bevind dat  J Lo Glow, en Halle by Halle Berry, om twee voorbeelde uit te lig, elk ses estrogeennabootsende chemikalieë en ’n skildklierontwrigtende bestanddeel bevat.  

Doen lae toksienevlakke enige skade?  
Die antwoord van kosmetiese vervaardigers is dat alhoewel hierdie chemikalieë inderdaad in hulle produkte aangetref word, die vlakke daar van laag genoeg is om veilig te wees. Die probleem is dat die meeste van ons nie net elke nou en dan een lagie grimering aanwend nie – ons gebruik jare lank verskeie produkte wat vele verskillende chemikalieë bevat.

Die uitwerking van verskeie chemikalieë en die giftige samewerking van hierdie stowwe is nog nie ordentlik nagevors nie en hul effek op veral kwesbare groepe soos babas en tieners wat deur hulle puberteitsjare gaan, is nog nie goed bestudeer nie.

Moet ons ophou om grimering te gebruik?

Nee, net nie dit nie! Dit is wat baie van ons sou sê. Maar gelukkig is die antwoord nee; ons hoef nie heeltemal op te hou om onsself te grimeer en mooi te maak nie, ons moet dit net anders doen: 

  • Die Environmental Working Group se "Skin Deep" is ’n databasis van kosmetiese middels en persoonlike sorg-produkte wat gelys word volgens hulle waarskynlike gevaarlikheidsgraad. Doen 'n "Search" op die databasis oor jou gunsteling kosmetiese middel en dit sal vir jou die gevaarlikheidsgraad aandui. Dit is nie 'n perfekte of omvattende stelsel nie, omdat die inligting oor die bestanddele van die produkte nie volledig is nie, maar dit help om min of meer die risiko van die produk te bepaal en een van dié wat veiliger is, te kies.
  • Moedig jou kinders aan om nie op 'n jong ouderdom reeds chemiese produkte te gebruik nie – hoe later hulle begin, hoe beter. Blootstelling vind stadig maar seker oor 'n lang tydperk plaas.
  • Vermy kunsmatige geure van enige aard, nie net parfuum nie. Geurvervaardigers meld dikwels nie al hulle bestanddele nie omdat hierdie "geurresepte" gewoonlik 'n streng handelsgeheim is.
  • Verminder die chemiese lading in jou lewe. Gebruik minder produkte minder gereeld en vir korter tydperke (moet byvoorbeeld nie met 'n gesig vol grimering gaan slaap nie). En onthou, dis nie net grimering nie – ons word omring deur lugverfrissers, wasgoedreinigers en huisskoonmaakprodukte.

En dink ten slotte goed na oor hoekom jy regtig so baie skoonheids- en kosmetiese produkte gebruik en of enige van hierdie redes (sosiale goedkeuring, selfbeeld gebaseer op fisieke voorkoms) die moeite werd is as jou gesondheid op die spel is. Oortuig jouself dat dit nie die moeite werd is nie! 

- Olivia Rose-Innes, EnviroHealth-Redakteur, Health24, September 2010

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE