Share

Die dodelikste dier

Watter dier veroorsaak elke jaar die grootste getal menslike sterftes in Afrika? Is dit die leeu, die krokodil, die seekoei of die slang? 

Die antwoord is 'n kreatuur wat baie kleiner as enige van die bogenoemde is: die Anopheles muskiet, draer van die malaria parasiet, wat jaarliks meer as 'n miljoen mense in Afrika doodmaak, veral kinders onder die ouderdom van vyf. En alhoewel daar tye is wanneer malaria heelwat minder aktief is, is daar enige tyd van die jaar 'n risiko wanneer jy 'n malaria gebied binnegaan.

Een van hierdie areas is die Kruger Wildtuin, veral die oostelike deel. Gedurende die warm somermaande (Oktober tot Mei) word die Wildtuin as 'n gemiddelde tot hoë risikogebied vir malaria beskou, en daarom is dit wenslik dat besoekers voorkomende middels neem om besmetting te vermy. Baie besoekers kies egter om die Wildtuin gedurende Junie tot September te besoek, die sogenaamde "lae risiko" maande, omdat hulle glo dat dit dan nie nodig is om enige medikasie te neem nie.

Lae risiko beteken nie geen risiko

Maar wat almal vergeet is dat "lae risiko" nie "geen risiko" beteken nie!

Daar is jaarliks gevalle van mense wat malaria in die "lae risiko" maande opdoen. Dit is ook belangrik om te onthou dat Mosambiek die oostelike grens van die Kruger Wildtuin vorm – en dat Mosambiek die hele jaar deur as 'n hoë risiko gebied vir malaria beskou word.

Netcare Reiskliniek beveel sterk aan dat mense wat beplan om enigsins in daardie gebied te wees, besliste stappe moet neem om hulle en hul families teen malaria te beskerm.

Hoe om malaria te vermy

Eerste verdedigingslinie: moenie dat 'n muskiet jou steek nie

Persoonlike beskermingsmaatreëls teen muskietbyte is die hoeksteen van malaria-voorkoming, of dit nou in 'n hoë of lae risiko area is:

  • Dra lang moue en 'n langbroek van skemer tot dagbreek.  
  • Slaap onder muskietnette.  
  • Gebruik rome, sproeimiddels en spirale om muskiete dood te maak of weg te hou.

Tweede verdedigingslinie: neem die voorkomingsmaatreëls wat jou dokter of reiskliniek aanbeveel
Malaria medikasie mag die regte dinge vir sekere risiko-groepe en individue wees; reisigers moet egter liewer individueel geassesseer word om seker te maak dat daar geen interaksies met ander medikasie en geen teenindikasies of newe-effekte is nie.

Derde verdedigingslinie: wees op jou hoede vir enige tekens van siekte nadat jy 'n malaria gebied besoek het, maak nie saak watter tyd van die jaar nie

Malaria moet sterk oorweeg word as jy ná 'n besoek aan 'n malaria gebied siek word, selfs al is dit geografies 'n lae risiko area, of as jy gedurende 'n lae risiko tydperk daar was.

Gaan na jou dokter of kliniek vir 'n malaria toets as jy griepagtige simptome (koors, spierpyn, gewrigspyn, ens.) of gastro enteritis simptome (soos naarheid en braking) ondervind.

Maak altyd seker jou dokter weet van al die plekke wat jy onlangs (d.w.s. gedurende die afgelope ses maande) besoek het.

- Aangepas uit 'n SAA-Netcare Reiskliniek persvrystelling deur Olivia Rose-Innes, EnviroHealth Redakteur, Health24. Hersien November 2010.

Lees verder:
Malaria Map 
Malaria Centre

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE