Share

Diagnose van endometriose

As jou dokter vermoed jy het endometriose, doen hy eers 'n inwendige ondersoek.

"As die pasiënt die toestand het, is dit pynlik wanneer die serviks of die ligament van die uterus beweeg word," sê Van Schouwenburg.

"Daarna word 'n inwendige sonarondersoek gedoen om te bepaal of daar endometriose-groeisels in die eierstokke voorkom."

Die finale diagnose word met 'n laparoskopie gemaak. 'n Klein snytjie word in die naeltjie gemaak en 'n kameratjie op 'n dun stafie word in die buikholte gedruk sodat die dokter kan sien wat daar aangaan.

As daar endometriose is, word die groeiseltjies dadelik uitgesny. 'n Paar klein snytjies word in die haarlyn laag in die buikholte gemaak. Die chirurg druk 'n tang en skertjie daardeur en verwyder die weefsel volgens die beelde wat hy op die TV-skerm sien. Die snytjies is so klein datelkeen met net een stekie geheg word. Die weefsel kan ook versigtig met 'n laser weggebrand word.

Diep groeisels vereis chirurgie deur 'n ginekoloog met omvattende ondervinding omdat daar fyn gewerk moet word om verdere vergroeiings en littekens te verhoed.

 

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE