Share

Deel 2: My lewe met kanker

Op 12 September 2005, het my gesin my kom besoek by die Paarl Medi-Clinic. Hulle het my alles van die beste toegewens vir die opkomende MRI (Magnetic Resonance Imaging) skandering wat ek in die Panorama Medi-Clinic in Kaapstad sou ondergaan.

Gedurende die skandering, is ‘n gewas op die agterkant van my brein gevind, en dinge het nie goed gelyk nie. Ek is heropgeneem in die Paarl Medi-Clinic en het ‘n ses-uurlange operasie ondergaan in ‘n poging om die gewas te verwyder.

Die operasie was merendeels suksesvol. Hulle kon egter nie die gewas ten volle verwyder nie. Die dokter wou nie te diep sny nie, as gevolg van die posisie van die gewas. Maar soveel as moontlik daarvan is verwyder.

Die volgende dag, na die afloop van die operasie, is verdere toetse gedoen om die tipe gewas te identifiseer wat ek gehad het. Dit blyk toe ‘n medulloblastoma te wees – ‘n baie kwaadaardige gewas, wat algemeen voorkom in jong kinders.

Onaangename terapie neem ‘n aanvang
Kort daarna, het ek chemoterapie en radioterapie vir ‘n periode van 15 dae begin ontvang. Die behandeling was op my hele liggaam gemik. Die terapie van die volgende tien dae was beperk tot my kop.

Gedurende die tyd wat ek behandeling ontvang het, moes my ouers daagliks sowat 100 kilometer heen en weer ry na die Panorama Medi-Clinic. Ek was baie siek gedurende die tyd van die behandeling. Naarheid, aggressie en uitputting was deel van my daaglikse lewe. Ek het gedurig gely aan chroniese hoofpyne, en het geïrriteerd begin raak met myself. Ek het aan depressie begin ly.

Ek moes vitamien-aanvullers drink tydens die chemoterapie-behandeling en die radioterapie. Dit het my beter laat voel. Uiteindelik, op die 24ste November 2005, het ek die laaste sessie van radioterapie ondergaan.

Na ek met kanker gediagnoseer is, het ek kwaad, rusteloos en ongeduldig geraak. Maar ek het nie regtig gekla nie. Ek het baie gewig verloor tydens die behandeling, omdat ek geen aptyt gehad het nie. Ek het so naar gevoel, dat ek regtig nooit lus was vir ‘n bord kos nie – trouens ek was lus vir niks nie. Maar ek was steeds mal oor roomys, en het bakke vol daarvan geëet.

Die lewe begin beter lyk
Die oomblik wat die behandeling verby was, het ek elke dag beter begin voel. Ek het stadig weer begin eet, die chroniese hoofpyne het begin afneem, en ek het begin om minder moeg en geïrriteerd te voel. Ek kan werklik sê dat ek nou weer begin om beter te eet.

Ek het uiteindelik begin om my kondisie te aanvaar en om te begin om meer positief oor myself te voel. Op die oomblik voel ek nie te sleg nie. Beide ek en my gesin hoop dat ek ten volle sal genees.

My situasie lyk baie positief. My gesin sê ook dat ek besig is om weer die mens te word wat ek voorheen was – geduldig en vriendelik. Ek het weer krag en tyd om grappies te maak.

Ek moet gaan vir ‘n opvolg breinskandering op die 6de Januarie 2006 om te sien hoe dinge gaan. Ek sou graag volgende jaar my studies wou voortsit. Ek het alle hoop dat dinge in die toekoms goed sal gaan.

(Health24, Desember 2005)

Lees meer:
Deel 1: My lewe met kanker
This story is also available in English

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE