Share

Daar's iets in my oog

Elke dan en wan beland 'n korreltjie sand, 'n ooghaar of iets kleins in jou oog en veroorsaak 'n irritasie. Jou trane spoel dit gewoonlik uit – maar hoe gemaak as dit nie gebeur nie?
Deur die HEALTH24-SPAN vir Huisgenoot-POLS

Hoe om iets kleins uit jou oog te verwyder
Was altyd jou hande voor jy aan jou oë raak. Trek die boonste ooglid oor die onderste een. Herhaal dit 'n paar keer. As dit nie werk nie, spoel die oog uit met skoon water of oogdruppels.

As dit óók nie werk nie en jy kan die voorwerp sien waar dit in die hoek van jou oog of aan die binnekant van die onderste ooglid sit, of los op die wit van die oog ronddryf, kan jy probeer om dit versigtig te verwyder.

Maak die punt van 'n oorpluisie, 'n gedraaide stukkie watte of snesie met water nat (nie speeksel nie) en probeer om die voorwerp sagkens met die punt aan te raak. Dit behoort aan die nat punt vas te sit.

As jy dit met sukses kon verwyder, spoel die oog weer sagkens uit. As jou poging egter nie suksesvol was nie, bedek die oog met 'n skoon verband en gaan spreek jou dokter.

Indien jy kontaklense dra, moenie probeer om die lens te verwyder nie. Spoel eers die oog uit. Moenie dit vryf, toemaak of met 'n verband bedek nie. Kry dadelik mediese hulp sodra die oog uitgespoel is.

Moenie...
...die oog vryf nie. Dit kan die oog net verder krap.
...harde voorwerpe soos naalde of tandestokkies gebruik nie.
...probeer om iets te verwyder wat in die wit van die oog vassit, of aan die voorkant van die gekleurde deel van die oog (die iris) of die pupil sit nie. Spoel dit liewer met 'n soutoplossing uit.

Read more: The emergency treatment of eye injuries

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE