Share

Daaglikse aspirine gekoppel aan heelwat laer kanker-risiko

'n Nuwe ondersoek het getoon dat die langtermyn-gebruik van 'n lae daaglikse dosis aspirine tot 'n dramatiese daling in die sterftesyfer as gevolg van 'n verskeidenheid kankers lei.

'n Britse navorsingspan het bewys dat 'n lae dosis aspirine (75mg), indien dit daagliks vir ten minste vyf jaar geneem word, 'n vermindering van ongeveer 10 tot 60% in die sterftesyfer teweegbring, afhangende van die soort kanker.

Dié bevinding spruit uit 'n nuwe analise van agt studies waarby meer as 25,500 pasiënte betrokke was, en wat oorspronklik gedoen is om die potensiële effek van lae-dosis aspirine op hartsiekte te ondersoek.

Die huidige waarnemings volg op vorige ondersoeke wat deur dieselfde studiespan gedoen is, en aangedui het dat die langtermyn gebruik van lae-dosis aspirine die sterfte-risiko van kolorektale kanker met 'n derde verminder.

Die studiespan sê: "Hierdie bevindings is die eerste bewys dat sterftes as gevolg van verskeie algemene kankers deur aspirine verminder word."

Aspirine behels steeds 'n klein bloeding-risiko

Die hoofskrywer van die studie, Professor Peter Rothwell van John Radcliffe Hospital en die Universiteit van Oxford, het egter beklemtoon dat hierdie resultate nie beteken dat alle volwassenes dadelik moet begin om aspirine te neem nie.

"Die studies illustreer beduidende nuwe voordele wat vroeër nie deel  van die aanbevole riglyne was nie," voeg hy by. Hy meld verder dat vorige riglyne heel korrek aangedui het dat die geringe risiko van bloeding as gevolg van aspirine by middeljarige mense 'n nadeel is wat opgeweeg moet word teen die voordele van die voorkoming van beroertes en hartaanvalle.

"Maar die vermindering in sterftes as gevolg van verskeie algemene kankers sal hierdie balans nou vir baie mense verskuif," meen Rothwell.

Rothwell en sy kollegas het hulle bevindings in die aanlyn weergawe van The Lancet gepubliseer.

Die huidige navorsing is vir 'n gemiddelde periode van vier tot agt jaar gedoen. Die pasiënte (party was op 'n lae-aspirien kursus en party nie) is vir 'n periode van 20 jaar ná die proefnemings gemonitor.

Aspirien-voordele eers jare later sigbaar

Die skrywers het vasgestel dat terwyl die studies aan die gang was, die totale kanker-sterfterisiko by diegene wat die lae-dosis aspirine geneem het met 21% gedaal het. Maar die langtermyn-voordele vir party spesifieke soorte kanker het eers vyf jaar ná die afloop van die studies duidelik te voorskyn getree.

Ná vyf jaar het die sterftesyfer as gevolg van gastro-intestinale kanker met 54% gedaal by die pasiënte wat lae-dosis aspirine geneem het.

Die beskermende impak van lae-dosis aspirine op maag- en kolorektale kankersterftes is eers 10 jaar later waargeneem, en in die geval van prostaatkanker, eers 15 jaar later.

Twintig jaar na die aanvang van die lae-dosis aspirine-program het die sterfterisiko by prostaatkanker-pasiënte met 10% gedaal; by longkanker-pasiënte met 30% (net by dié met adenokarsinome, wat tipies by nie-rokers voorkom); by pasiënte met kolorektale kanker met 40% en by slukdermkanker-pasiënte met 60%.

Die potensiële impak van aspirine op sterftes as gevolg van kanker van die pankreas, maag en brein was moeiliker om vas te stel as gevolg van die redelike lae aantal sterftes as gevolg van hierdie spesifieke toestande.

Geen voordele vir die hart

Hulle het ook bevind dat 'n hoër dosis aspirine skynbaar nie die beskermende voordele daarvan verhoog nie. En ook dat terwyl nie geslag óf rookgeskiedenis blykbaar die impak van lae-dosis aspirine beïnvloed nie, ouderdom definitief 'n rol speel: die daling van die 20-jaar-risiko vir sterfte was by ouer pasiënte heelwat meer dramaties.

En dat alhoewel daar 'n behoefte aan meer navorsing is om op hierdie "bewys in beginsel" voort te bou, meen die skrywers dat mense wat in hulle laat 40's en 50's met 'n langtermyn aspirien-kursus begin, waarskynlik diegene is wat die meeste voordeel daaruit sal trek.

Dr. Alan Arslan, 'n assistent-professor aan die departemente van verloskunde en ginekologie by NYU Langone Medical Centre in New York City, het hierdie bevindings as "baie beduidend" beskryf.

Hy sê: "[Hierdie] is tans die grootste studie wat demonstreer dat mense wat vir ’n geruime tyd aspirine neem 'n verminderde sterfterisiko as gevolg van baie soorte kanker, veral gastrointestinale kankers, toon.

"Die boodskap wat dit aan pasiënte oordra is dat indien iemand lae-dosis of gewone aspirine neem, dit hulle risiko vir sterfte aan kanker kan verlaag," voeg Arslan by. "As iemand egter nog nie aspirine neem nie, moet hulle liewer eers met hulle dokter praat voor hulle daarmee begin. Aspirine hou die risiko van newe-effekte soos bloeding en beroerte in."


(Kopiereg © 2010 HealthDay. Alle regte voorbehou.)

Lees verder:
Daily aspirin not for all
Aspirin prevents colon polyps
Aspirin vs. cancer
Aspirin may ward off cancer
Aspirin safer at lower doses
Lower cancer risk with aspirin

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE