Seer lyf?
Vat chroniese pyn so vas
- Hoe meer ontspanne jy is, hoe beter kan jy pyn hanteer. Leer ontspanningstegnieke soos diep asemhaling en meditasie. Probeer stres, angstigheid en woede verminder.
- Moenie net op pynstillers staatmaak nie. Vra jou dokter oor ander behandelings soos antidepressante, fisioterapie, arbeidsterapie, gedragsterapie en senu-blok-terapie.
- Doen iets lekkers wat jou besig hou en jou aandag van die pyn aftrek.
Bonuswenke:
- Chroniese pyn het nie altyd ‘n duidelike oorsaak nie. Soms stuur die senuweestelsel pynboodskappe sonder dat daar ‘n bepaalde besering is, of as die besering lankal genees het.
- Gaan klop aan by ‘n pynkliniek of pynspesialis as chroniese pyn jou lewe versuur.
(Huisgenootbrokkies)