Share

Bly weg van kitsoplossings!

Rosanna Sexton (36) is 'n rekeningbestuurder in die toerismebedryf en enkelma van twee dogters. Haar gewigsprobleme het ná die geboorte van haar kinders toegeneem en sy het elke dieet en middel in die boek beproef om van die ekstra kilogramme ontslae te raak.

Verlede Julie het sy by prof. Tessa van der Merwe, 'n Gautengse endokrinoloog met 'n belangstelling in vetsugbehandeling, gaan aanklop vir hulp met haar gewig en kwaai velprobleme nadat 'n ander endokrinoloog nie juis veel gehelp het nie. Een van Rosanna se vernaamste probleme was insulienweerstandigheid.

Tessa het medikasie voorgeskryf en Rosanna verwys na 'n dieetkundige. Sy volg 'n eenvoudige eetplan wat gehelp het dat sy sedertdien al 8kg kon verloor.

"Vir ontbyt eet ek die dieetkundige se spesiale gesondheidsbeskuit en met teetyd 'n vrug. Middagete is dit rogbrood of ryskoekies met tuna, en teen 15:00 weer 'n vrug. Saans eet ek hoender of vis met slaai en groente."

Rosanna vertel sy het nog altyd taamlik gesond geëet, maar dit help beslis om nou seker te maak sy pak daagliks gesonde kos in om by die werk te eet. Om graan uit haar dieet te sny het ook wondere verrig. Sy oefen drie maal per week matig en voel deesdae soos 'n nuwe mens.

Het sy raad vir lesers? "Bly weg van kitsoplossings en spreek 'n kundige soos ’n endokrinoloog om jou met jou gesondheidsprobleme te help. Al wat help, is om jou lewenstyl te verander deur reg te eet en te begin oefen."

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.) – Somer 2009/2010

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE