Bloed
Jou lyf se rooi vlaggies
- Bloed in die urine kan skadeloos wees, of dit kan dui op nierstene, blaasontsteking, prostaatvergroting of urienweg-verstopping. Maar dit kan ook veroorsaak word deur blaas-, nier- of prostaatkanker.
- Gaan ook dokter toe as jy bloed hoes of opgooi. Dit kan te wyte wees aan enigiets van keel- of longontsteking en tering tot kanker of ’n bloedklont in jou long.
- Bloed in die stoelgang is meestal aan aambeie te wyte, maar kan ook op kolon- of rektale kanker dui.
Bonuswenke
- Kneusplekke (bloeding onder die vel) is meestal onskuldig, maar gaan dokter toe as iets ongewoon lyk. Dit kan die skuld wees van o.m. verdunde bloed (as jy bv. aspirien drink), ’n infeksie, ’n bloedsiekte, lewersiekte of leukemie.
- Gaan dadelik dokter toe as jy bloed sien waar jy dit nie verwag nie.
(Huisgenootbrokkies)