Share

Beste raad vir rugpyn

'n Allemintige agt uit 10 mense ly op een of ander stadium in hulle lewens aan rugpyn. En wanneer dit toeslaan, wil jy net hê dit moet ophou – hoe gouer, hoe beter.

Die behoefte aan vinnige antwoorde en resultate kan egter tot 'n magdom nuttelose toetse en indringende behandelings lei, wat geen langtermyn-verligting bring nie. Dit is die mening van Dr Roger Chou, 'n dokter en medeprofessor van interne medisyne aan die Oregon Health and Science University in Portland en 'n medeskrywer van die American Pain Society se riglyne oor die diagnose en behandeling van laer rugpyn.

Vind liewer uit wat jou beste plan van aksie is:

Jou eerste instink: Gaan dokter toe!

Jou beste reaksie: Bly by die huis.
"Die oorgrote meerderheid mense met rugpyn hoef nie dokter toe te gaan nie," sê Chou. Bel egter onmiddellik jou dokter in enige van die volgende gevalle:

  • Voetsleep, wat 'n aanduiding van ’n neurologiese probleem kan wees    
  • Moeilike urinering, wat 'n moontlike aanduiding van druk aan die onderpunt van die ruggraat kan wees
  • Koors, 'n teken van infeksie  
  • 'n Geskiedenis van kanker 

Jou eerste instink: Plaas ys daarop.
Jou beste reaksie: Gebruik hitte.

Daar is goeie bewyse dat hitte rugpyn verlig. "Die meeste mense dink ys is die beste raad, maar daar is baie min studies wat dit ondersteun," sê Chou. Verwarmingskussings, warm jel-pakke en selfs 'n warm bad kan help. 

Jou eerste instink: Vicodin ('n opiaat) asseblief!
Jou beste reaksie: Neem gewone toonbank-pynstillers.

Narkotika en spierverslappers kan lomerigheid, 'n droë mond en moontlike verslawing veroorsaak en moet dus nie jou eerste keuse wees nie, sê Chou. Gebruik parasetamol of ibuprofen, soos op die houer aangedui. Altwee hierdie toonbank-pynstillers is word as effektiewe maniere om rugpyn te verlig, erken.

Jou eerste instink: Bly vir 'n paar dae in die bed.
Jou beste reaksie: Doen wat jy normaalweg doen.

Dit klink logies dat om te lê jou rugspiere die geleentheid gee om 'n bietjie te rus, maar studies toon dat mense wat gaan lê langer vat om te herstel. Gaan liewer sover as moontlik voort met jou normale aktiwiteite, sê Chou.

As daar binne drie tot vier weke nog geen verbetering is nie, of as jou pyn na 'n week nog so erg is dat jy nie kan werk nie, bel jou dokter. Jy mag op die kort termyn sterker pynmedikasie nodig hê terwyl jou liggaam herstel. Jy kan ook alternatiewe terapie, wat in party gevalle goed werk, oorweeg: massering, ruggraat-manipulering, akupunktuur en 'n proses wat as kognitiewe gedragsterapie bekendstaan, wat jou help om verkeerde aannames oor jou pyn te identifiseer en reg te stel. - (Kim Schworm Acosta vir Oral Care And Health Daily)

Kim Schworm Acosta is die besturende redaktrise van Oral Care And Health Daily.

(Health24, November 2010)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE