Share

Beroerte – vinnige reaksie red lewens

Het jy geweet beroerte is die derde grootste oorsaak van sterftes in Suid-Afrika? Moenie enige kanse waag nie. Wees bewus van die feite en red vandag 'n lewe.

Ongeveer 240 mense per dag kry 'n beroerte, ongeag ouderdom of geslag. 'n Kwart van hierdie mense oorleef dit nie, wat beteken dat 60 mense elke dag aan beroerte sterf! Baie mense wat oorleef, het blywende skade.

Agter hierdie getalle skuil regte lewens – moenie toelaat dat jy of jou geliefde ’n statistiek word nie.

Aanvaar die volgende ses beroerte-uitdagings:

  1. Wees bewus van jou persoonlike risikofaktore: hoë bloeddruk, diabetes en hoë cholesterol.
  2. Wees fisies aktief en doen gereelde oefening.
  3. Vermy vetsug deur by 'n gesonde dieet te hou.
  4. Beperk alkoholgebruik.  
  5. Vermy sigaretrook. As jy rook, kry hulp en hou dadelik op.
  6. Leer om die waarskuwingstekens van beroerte te herken.

Simptome van beroerte en waarskuwingstekens

Dit mag 'n beroerte wees as jy skielik een of meer van hierdie simptome ondervind:  

  • Skielike gevoelloosheid of swakheid, veral aan die een kant van die liggaam.
  • Skielike spraakverlies, moeite om te praat of taal te verstaan.
  • Skielike gesigsverlies of moeite om met een of altwee oë te sien, of dubbelvisie.
  • Skielike moeite om te loop, balansverlies of duiseligheid.
  • Skielike kwaai hoofpyn sonder enige rede.

Beroerte is 'n mediese noodgeval. As jy enige van hierdie waarskuwingstekens gewaar, tree vinnig op!

Wat jy moet doen as iemand 'n beroerte kry  

Ontbied dadelik ’n ambulans, aangesien mediese hulp binne die eerste paar uur baie belangrik is. Onthou, verlore tyd is verlore breinfunksie! Hoe vinniger jy die persoon by 'n hospitaal kry, hoe beter hulle kanse vir herstel – en jy kan 'n lewe red.

Party mense met 'n beroerte wat deur 'n bloedklont veroorsaak is, het moontlik spesiale bloedklont-behandeling (w-PA) nodig. In hierdie gevalle moet die behandeling binne die eerste drie uur na die beroerte toegedien word en daarom is dit belangrik om te weet wanneer die simptome begin het.

Maak seker jy en jou familie ken die noodnommers. Hou hierdie ambulansdiens-nommers byderhand: 

Openbare diens: 10177
Privaat: Netcare: 082 911 of ER24: 084 124

Moenie nog 'n statistiek word nie – tree met die Heart Mark-dieetlyn in verbinding by 0860 223 222, of besoek die Hart-en-beroerte-stigting se webwerf vir meer besonderhede oor wat jy kan doen om jou lewenstyl aan te pas om jou risiko vir beroerte te verlaag.

- (Health24, hersien Mei 2011)

Lees verder:

Vasvra: My risiko vir 'n beroerte?
Die lewe na die groot B
Vinnige optrede kan 'n beroerte-slagoffer red

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE