Share

Bereken jou liggaamsmassa-indeks

LMI (liggaamsmassa-indeks) is 'n nuttige manier om liggaamsgewig en -gesondheid te bepaal.

Maar dit moenie gebruik word as die enigste maatstaf van 'n gesonde liggaamsbou nie.

LMI kan dit laat lyk asof 'n gespierde mens te veel liggaamsvet het, of dat 'n ouer mens – wat spiermassa verloor het – te min weeg. LMI is ook nie 'n goeie meetinstrument vir kinders nie.

Om jou eie LMI te bepaal, maal jou lengte in meter met jou lengte in meter. Skryf die antwoord neer. Deel nou jou gewig in kilogram deur die antwoord van die vorige som, dan kry jy jou LMI.

As jou LMI onder 18,5 is, word jy gereken as ondergewig. 'n LMI bo 25 beteken jy's oorgewig en een bo 30 beteken jy is vetsugtig.

 

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE