Share

As familie se beenmurg nie pas nie

"Die vreugde om te weet jy het iemand gehelp, kan nie in woorde beskryf word nie. As ek dit weer kon doen, sou ek," sê Brenda Masuka (30), 'n Johannesburgse ma van drie wat in 1999 as beenmurgskenker geregistreer is. Kort daarna het dit 'n jong pasiëntjie se lewe gered.

"Ek kan nie sê ek het vir iemand lewe gegee nie – dit was nie in my hande nie. Maar ek weet ek het iemand se leweverbeter en verleng,” vertel Brenda. Sy het destyds saam met 'n paar vriendinne geregistreer. Twee jaar later het sy die nuus gekry dat sy 'n geskikte skenker vir 'n pasiënt is.

"Ek moes my 'n week lank inspuit met 'n middel wat die vervaardiging van ekstra stamselle aanmoedig. Daarna is die selle geoes. Dit was heeltemal pynloos en ek kon selfs tussendeur slaap. Alles het sowat sewe uur geduur. Twee dae later was ek terug by die werk."

Brenda sê sy wil nou haar kinders aanmoedig om as skenkers te registreer wanneer hulle oud genoeg is.

Enige gesonde mens tussen 18 en 50 kan by die SA Beenmurgregister registreer. In Suid-Afrika is dit veral belangrik dat soveel mense moontlik registreer omdat die kans betreklik skraal is dat 'n gepaste skenker gevind sal word vir iemand wat beenmurg nodig het.

Min mense is so gelukkig soos Adriaan van den Berg om 'n boetie of sussie te hê wie se beenmurg pas. Vir 'n oorplanting om te slaag, moet hulle dan as't ware hul "genetiese tweeling" elders in die land of selfs die wêreld vind, sê Tina Botha, stigter en uitvoerende hoof van die Sunflower Fund, die geldinsamelingstak van die Beenmurgregister.

Jou kans om daardie tweeling te kry is wêreldwyd sowat een uit 100 000. Dit terwyl een uit elke 10 000 Suid-Afrikaners aan 'n lewensbedreigende bloedsiekte ly waarvoor 'n beenmurgoorplanting nodig is. 'n Skrale 64 000 skenkers is tans by die SA Beenmurgregister geregistreer en net 3 persent van hulle is swart.

Ras is belangrik omdat dit makliker is om 'n gepaste skenker binne jou genetiese groepering te vind, verduidelik prof. Nicolas Novitzky, hoof van die Universiteit van Kaapstad se department hematologie.

Omdat so min geregistreerdes swart is, is dit baie moeilik vir 'n swart pasiënt om 'n skenker te vind.

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE