Share

Ander behandeling vir endometriose

Die beste behandeling bly chirurgiese verwydering van die endometriose-groeisels. Pynstillers wat terselftertyd anti-inflammatories is, kan simptome help verlig.

Die Mirena, 'n intra-uteriene voorbehoedmiddel ('n soort veer) wat progesteroon afskei, kan ook verligting bring. Dit help ook soms om 'n voorbehoedpil of Depo-Provera, die voorbehoedinspuiting, te gebruik.

In erger gevalle kan endometriose behandel word met óf variante van die manlike geslagshormoon testosteroon, óf Zoladex, wat binne 'n paar dae 'n tydelike menopouse veroorsaak. Albei laat die endometriose-groeisels wegkrimp, maar het nadelige newe-effekte.

"Die manlike hormone veroorsaak onder meer oorgewig, aknee, 'n laer stem en haarverlies," sê Van Schouwenburg.

"Terwyl jy Zoladex gebruik, beleef jy 'n tydelike vroeë menopouse, wat jou beendere ontkalk en tot verdunning van die beendere kan lei," sê die spesialis dr. Merwyn Jacobson. 'n Histerektomie help nie altyd vir endometriose nie, aangesien dit buite die baarmoeder ontwikkel. Dit word net in uiterste gevalle gedoen.

 

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE