Share

Alzheimer se siekte

Geestesgesondheid

Jou wapens teen Alzheimer se siekte

  1. Hou jou verstand op en wakker deur baie te lees, kaart- en ander speletjies te speel, blokraaisels te doen, museums te besoek en saam met vriende te kuier.
  2. Mense wat gereeld oefening doen, is minder geneig om Alzheimer of demensie te kry as mense wat nie oefen nie. Gesels eers met jou dokter voor jy ’n oefenprogram aanpak.
  3. Dit lyk ook asof mense wat baie vrugte en groente, veselryke kos, vis en omega 3-ryke olies inneem, en minder vleis en suiwel eet, beter teen demensie beskerm is.

Opsomming: ’n Gesonde en aktiewe leefstyl is die beste wapen teen Alzheimer se siekte.

Bonuswenk

Help ’n Alzheimer-lyer so: Hou pille en gif weg, hou opdragte eenvoudig, verskaf visuele wenke soos kalenders, horlosies en foto’s, plak etikette op voorwerpe en skaf ’n ID-armband met ’n foonnommer aan.

 (Huisgenootbrokkies)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE