Oorleef die snuif-seisoen so:
- Beddegoed en speelgoed moet gereeld in warm water gewas en verkieslik in ‘n warm droër drooggemaak word. ‘n Paar druppels bloekomolie by die waswater kan stofmyte help doodmaak.
- Troeteldierhare kom voor selfs in huise en motors waar geen troeteldiere teenwoordig was nie – dam jou motor, matte en vloer dus gereeld met ‘n stofsuier en mop by.
- Dra ’n masker terwyl jy blare weghark of in die tuin werk.
- ’n Lugbevogtiger kan allergieë help hokslaan.
Bonuswenk
Leer jou vyand ken. As jy weet watter plante jou laat nies of jou bors laat toetrek, kan jy daarvan wegbly.
(Huisgenootbrokkies)