Watter toetse werk?
- Velpriktoets. Die stof wat moontlik jou allergie veroorsaak (’n allergeen), word met ’n naaldprik onder jou vel geplaas. As jou vel daarop reageer, is dit die sondaar.
- CAST-toets en PATCH-toets. CAST is ’n bloedtoets wat goed werk vir allergieë vir preserveermiddels, medisyne en kos-bymiddels. Die PATCH toets is vir vertraagde voeselallergie en kossensitiwiteit.
- RAST-toets. Dit meet die vlak in jou bloed van teenliggaampies teen die allergeen.
Bonuswenk
Pasop vir kwakke wat wil geld maak uit alternatiewe modetoetse wat glad nie, of ondoeltreffend werk. Die toetse hierbo is al wat wêreldwyd as wetenskaplik betroubaar beskou word.
(Huisgenootbrokkies)