Share

Alexander tegniek verlig rugpyn

Volgens 'n studie wat in die British Medical Journal gepubliseer is, bied Alexander tegniek-lesse, gekombineer met 'n oefenprogram, langtermyn effektiewe behandeling vir chroniese rugpyn.

Die Alexander tegniek behels 'n persoonlike benadering wat pasiënte help om lewenslange selfsorg-vaardighede te ontwikkel om postuurtonus en spierkoördinasie te verbeter. Dit is 'n opvoedkundige tegniek wat pasiënte aanleer en op hul eie beoefen, en nie bloot 'n vorm van oefening nie.

Rugpyn veroorsaak meer ongeskiktheid as enige ander toestand in Westerse gemeenskappe, maar daar is baie min effektiewe langtermyn-behandeling beskikbaar vir pasiënte.

Vorige navorsing toon dat die Alexander tegniek en massering mag help om rugpyn oor die kort termyn te verlig, maar dat min bekend is oor langtermyn-uitkomste.

'n Span navorsers van die Universiteite van Southampton en Bristol het 'n jaar lank die effektiwiteit van massering, oefening en die Alexander tegniek vir die verligting van rugpyn ondersoek.

Chroniese rugpyn

Professor Little en kollegas het 579 pasiënte met chroniese rugpyn van 64 algemene praktyke in die suide en weste van Engeland gewerf. Pasiënte het na willekeur normale behandeling, massering, ses Alexander tegniek-lesse of 24 Alexander tegniek-lesse ontvang. Die helfte van die pasiënte uit elk van die groepe het ook deelgeneem aan 'n voorgeskrewe oefenprogram (loop teen 'n stewige pas vir 30 minute per dag, vyf keer per week).

Pasiënte het na drie maande en na een jaar ongeskiktheid-vraelyste ontvang om aan te dui watter aktiwiteite deur hulle rugpyn beperk is, byvoorbeeld of hulle stadiger as gewoonlik gestap het of minder gereeld die huis verlaat het.

Die skrywers het gevind dat oefening, gekombineer met Alexander tegniek-lesse, na een jaar 'n beduidende vermindering van pyn en verbeterde funksionaliteit tot gevolg gehad het, terwyl massering na drie maande min verbetering teweeggebring het.

Na 'n jaar se Alexander tegniek-lesse het pasiënte oor 'n periode van vier weke minder rugpyn-dae aangemeld. Pasiënte wat normale behandeling ontvang het, het 21 rugpyn-dae aangedui, vergeleke met dié wat 24 Alexander tegniek lesse ontvang het, wat 18 minder pyn-dae aangemeld het. Diegene wat ses lesse gehad het, het 10 minder pyn-dae gehad en dié wat massering ontvang het, het 7 minder pyn-dae aangedui.

Verbeterde lewensgehalte

Bo en behalwe minder pyn het die pasiënte wat Alexander tegniek-lesse ontvang het aangedui dat hulle lewensgehalte verbeter het.

Interessant genoeg het ses een-tot-een Alexander tegniek lesse, gevolg deur oefening, byna soveel voordeel (72%) getoon soos 24 Alexander tegniek lesse sonder oefening.

Die navorsers sluit af met die gevolgtrekking: "Massering is oor die kort termyn van nut... [maar] die Alexander tegniek was na 'n jaar nog steeds effektief... en hierdie resultate behoort van toepassing te wees op die meeste pasiënte met chroniese of terugkerende rugpyn."

In 'n begeleidende artikel sê Professor Maurits van die Vrije Universiteit in Nederland dat oefeningsterapie ook as effektief bewys is vir chroniese laer rugpyn en dat daar ’n behoefte is vir verdere navorsing, om die Alexander tegniek met verskillende soorte oefening te vergelyk.

(Universiteite van Southampton en Bristol, persvrystelling//Eurekalert)

Vir meer inligting oor die studie, kliek hier of kyk na hierdie informatiewe video:

 

(Health24, hersien Junie 2011)

Lees verder:

Die Alexander tegniek
Loop regop
Rugpyn? Probeer hierdie oefeninge

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE