Share

4 Algemene vrae oor die toestand

V: Sal 'n maagkram- of maagverkleiningsoperasie help?

A: 'n Maagverkleiningsoperasie word net gedoen op mense wat erg vetsugtig is en 'n liggaamsmassa-indeks hoër as 35 het. Studies toon dat dié soort operasie tot gewigsverlies van sowat 'n halwe tot 1kg per week lei en bloeddruk verlaag, bloedcholesterol en bloedvatvlakke kan normaliser en prediabetes kan omkeer of keer dat die pasiënt volle tipe 2-diabetes ontwikkel.

V: Sal 'n vetuitsuig-operasie help?

A: Al word al die vet onder jou vel uitgesuig om die rol om jou maag te verwyder, sal dit nie jou metaboliese sindroom, en dus insulienweerstandigheid, hoë bloeddruk of cholesterol en jou risiko vir 'n hartaanval verander nie, want dis ondervel-vet wat verwyder word, nie die giftige vet tussen organe nie.

V: Hou metaboliese sindroom verband met ander siektes?

A: Ja. Sommige lyers ontwikkel:

  • Slaap-apnee

  • Lewerontsteking, al drink hulle nie 'n druppel alcohol nie en al het hulle nie 'n virus nie

  • Chroniese nierprobleme, wat dikwels verband hou met hoë bloeddruk

  • Jig

  • Polisistiese ovariumsiekte en vrugbaarheidsprobleme. Vroue met polisistiese ovaria (eierstokke waarop veelvuldige siste voorkom) behoort almal vir insulienweerstandigheid en metaboliese sindroom getoets te word

  • Demensie in ouer mense

 V: As ek metaboliese sindroom het, sal my kinders dit ook kry?

A: Elke volwassene met metaboliese sindroom se kinders – veral dié wat oorgewig is – behoort getoets te word om afwykings in hul insulienwerking so vroeg as moontlik op te spoor. Dit blyk dat genetiese faktore en oorerflikheid 'n rol speel. Vroeë diagnose met gepaardgaande aanpassings aan hul eetplan en oefening kan voorkom dat hulle metaboliese sindroom of tipe 2-diabetes ontwikkel.

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.) – Somer 2009/2010

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE