Share

30 eienaardige mediese feite

Dit vat vier tot ses maande vir die vingernael van 'n gesonde persoon om heeltemal uit te groei. Hier is nog 'n paar interessante feite oor die liggaam.

  • Een uit elke 1,000 babas word reeds met 'n tand gebore.  
  • 'n Mens gaan vinniger dood as gevolg van 'n tekort aan slaap as van honger, iets wat gewoonlik 'n paar weke duur.
  • Tagtig persent van mense wat met die Ebola-virus besmet word, gaan aan hierdie siekte dood.
  • Die mens het 46 chromosome, ertjies het 14 en krewe 200.
  • Daar is ongeveer 96,000km bloedvate in die menslike liggaam.  
  • As die mukuslaag om jou maagwand verdwyn, sou jou maag homself verteer. 
  • Elke persoon verloor gedurende sy of haar leeftyd 22kg velselle.
  • Meer kieme word oorgedra deur 'n handdruk as deur 'n soen.
  • Jou hart klop 100,000 keer per dag.  
  • 'n Fetus het reeds op die ouderdom van drie maande vingerafdrukke.
  • Seuns is meer geneig as meisies (die verhouding is 3 tot 2) om kwaai aknee te ontwikkel.
  • Ons deel 98.4 persent van ons of DNS met sjimpansees – en 70 persent met tuinslakke.
  • Menslike fetusse skop as hulle aan luide rockmusiek blootgestel word.
  • Op net 12 weke kan die menslike fetus reeds frons en skeel kyk.
  • As die minerale uit 'n been verwyder word deur dit oornag in 'n ses persent soutsuuroplossing te week, sal dit so sag word dat jy dit kan knoop.    
  • Een uit 20 mense het 'n ekstra rib, en dit is meestal mans.
  • Toe jy gebore is, het jy 300 bene in jou liggaam gehad. As volwassene het jy 206. Die res van die bene het nie verdwyn nie – hulle het bloot aanmekaar gegroei.
  • Die vroulike eiersel is die grootste sel in die menslike liggaam. Dit is ongeveer 175,000 keer swaarder as die kleinste sel, die manlike spermsel.
  • Die gemiddelde mens het omtrent 100,000 hare op sy kopvel.
  • Wanneer jy na 'n voorwerp kyk, verskyn daardie voorwerp onderstebo op jou retina. Jou brein kompenseer egter outomaties hiervoor en stel jou in staat om die voorwerp die regte kant om te sien.     
  • Emalje, wat die buitenste laag van ons tande vorm, is die hardste stof in die menslike liggaam.
  • Aspirien en alkohol kan direk deur die maagwand in die bloedstroom opgeneem word.
  • Jou voetsole bevat meer sweetkliere en meer druk-sensitiewe senuweepunte per vierkante sentimeter as enige ander deel van jou liggaam.
  • Soos vingerafdrukke, het elke persoon 'n unieke tongafdruk.
  • Jou niere filtreer jou bloed tot 300 keer per dag.
  • Gedurende die eerste ses weke van 'n mens se lewe, is daar geen verskil tussen die manlike en vroulike embrio nie.
  • Menslike vingers rek en buig ongeveer 25 miljoen keer gedurende 'n normale leeftyd.
  • Die menslike liggaam bevat 30,000 biljoen rooibloedselle.
  • Tandbederf het reeds daartoe gelei dat 60 persent van volwasse Amerikaners hulle middelste agtertand aan die regter bokant verloor het.

Bron: The People's Almanac 2, saamgestel deur David Wallechinsky en Irving Wallace.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE