Share

14 wenke oor wat om jou hond te voer

Jou hond eet die afgelope paar jaar net duur kos van die veearts, maar jy oorweeg dit om te probeer om self vir hom te kook. Hoe gaan jy te werk?

Praat eerstens met jou veearts – of selfs met meer as een.

"Gekookte kos kan goed wees vir gemiddelde grootte, volwasse honde, maar dit kan nie altyd kers vashou by kommersiële kos in die geval van jong, groeiende honde nie," sê dr. Malan van Zyl, spesialis veearts van Kaapstad. "Die voordele van al die navorsing wat oor kommersiële handelsname gedoen is, is moeilik om in jou eie kombuis te repliseer."

Hy meld ook dat indien jou hond 'n spesifieke probleem soos 'n nier- of lewerprobleem het, dit redelik moeilik vir jou mag wees om self die balans reg te kry.

Kyk hier watter kos jy nie vir jou hond moet voer nie.

Maar as jou hond gesond is, en jy voel jy wil liewer selfs vir hom kook, hier is 'n paar riglyne (en baie goeie raad) van dr. Van Zyl en dr. Jane Yeats.

Afval en kloutjies

Kook goedkoop vleissnitte. Dit is moeilik om te kry, maar in Pick n Pay is daar 'n deel van ’n rak in die slagtery uitsluitlik vir afval, bv. longe, niertjies, hart en lewer. Dit word net een keer per week op 'n nie-vasgestelde dag afgelewer – kry dus besonderhede by die slagter. Onthou dat afval sleg ruik wanneer dit gekook word en dat party honde nie daarvan hou nie.

Troeteldier-maalvleis 'n probleem?

As troeteldier-maalvleis van wors-vleis gemaak word, kan dit vol sout en speserye en baie vetterig wees. Maalvleis van suiwer beesvleis-oorblyfsels neig ook om baie vetterig te wees. Vra jou slagter wat alles daarin skuil.

Kalkoen is vol bene

Jy kan ook "budget turkey drumsticks" koop – maar dan moet jy al die bene verwyder. Kalkoen- en hoenderbene kan groot probleme vir honde veroorsaak.

Hoender vir honde

Hoender is ook 'n goeie oplossing en is somtyds baie redelik, tensy jy net "vrylopende" hoender koop.

Uit die hart

Plattelandse slaghuise verkoop die "harslag", of borskas-organe (longe, hart, lewer en ander stukkies – alles bymekaar) van skape. Dit is uitstekend en goedkoop, maar nie aan te beveel as jy maklik gril nie.

Rys en groente daarby

As jy enige soort vleis kan vind wat bekostigbaar is, kook dit goed en voeg rys en groente vir die laaste 15 minute se kook by. Die verhouding rys/groente tot vleis moet omtrent 2:1 wees.

Hoeveel?

Gee groot honde (30kg+) 'n minimum van 300g vleis per dag en minder vir medium of klein hondjies. Pasta, mieliemeel of stampmielies kan in plaas van rys gebruik word. (Onthou net dat stampmielies lank vat om te kook.)

Growwigheid

Bruinrys mag te veel growwigheid bevat, selfs al word dit deur homeopatiese veeartse aanbeveel (bv. bruin rys en hoender). Honde het nie soveel growwigheid soos herbivore nodig nie.

Neutrale groente

Nie alle groente is gepas nie. Hou by neutrale groente soos botterskorsies, wortels, soetpatats en miskien brokkoli. Baie mense voeg graag gekapte pietersielie by.

Nie vir honde nie

Bly weg van kool en soortgelyke groente soos blomkool en Brusselse spruite. Vermy ook eiervrug, seldery en ander eksotiese groente. Soetrissies en uie is ook nie gepas nie. Boontjies en lensies is nie geskik vir honde nie omdat dit in die ingewande fermenteer.

Kurkdroog?

As daar baie min vet in die vleis is, as jy bv. jou hond volstruisvleis voer, kan jy 'n bietjie sonneblomolie byvoeg.

Bene

Haal bene uit die kos. Honde behoort alleenlik groot, rou murgbene te kry. Ander bene kan maklik in hulle kele vassit.

Laat die kos afkoel

Gee eers vir jou hond die kos wanneer dit afgekoel het. Honde sluk groot hompe kos heel in, en as dit te warm is, kan hulle hulself verbrand.

Moenie die vis vergeet nie

Honde eet graag vis. Gee elke nou en dan vir jou hond 'n blikkie gemaalde sardyne.

"Dit is beslis meer moeite om vir hulle te kook en waarskynlik ook duurder as die top hondebeskuitjies, maar veeartse lewer gereeld kommentaar oor die uitstekende toestand van my honde," sê dr. Yeats wat gereeld self vir haar honde kook. "Probeer dit vir 'n rukkie – ten minste tot jy weet wat die beste vir jou honde is."

(Susan Erasmus, hersien Januarie 2011)

Enige vrae? Vra vir CyberVet
Besoek ons Pet Centre

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE