Share

13 voet-feite

Voete word oor die algemeen as vanselfsprekend aanvaar – dit wil sê tot daar iets skeefloop. Daar is niks wat 'n mens so van stryk bring soos 'n gebreekte of erg beseerde voet nie. Dink net, selfs met 'n gebreekte arm kan jy nog oor die weg kom en die meeste van jou daaglikse take verrig.

Voete kry ons waar ons wil wees – ons gebruik ons voete om te hardloop, stap en spring, maar die meeste mense weet nie wat werklik binne die voet aangaan nie. Voete is eintlik redelik ingewikkeld en, as 'n mens in ag neem hoeveel dinge kan skeefloop, is dit ongelooflik hoe min moeite ons voete ons eintlik gee.

Lees verder oor moontlike voetprobleme.

Hier is ’n paar interessante feite oor voete – hoeveel hiervan het jy geweet?

  • Die meeste mense het 26 bene in elke voet, maar party mense het 28. Hierdie ekstra bene wat supernumerêre sesamoïede genoem word, word aan die onderkant van die voet, net agter die groottoon aangetref.
  • Veertien van die 26 bene is in die tone. Elke toon het drie bene, behalwe die groottoon, wat twee het.  
  • Jou voetsole bevat meer sweetkliere en sensitiewe senuweepunte per vierkante sentimeter as enige ander deel van jou liggaam.   
  • Plat voete is nie altyd problematies nie – as plat voete nie skeef trap nie, kan dit 'n mens in staat stel om langer as gewoonlik te staan omdat jou gewig oor 'n groter area versprei is.
  • Laer rugpyn, hoofpyn, slegte spysvertering en 'n skewe ruggraat kan dikwels teruggevoer word na voetprobleme.  
  • Die stappatroon van jou regtervoet is gewoonlik nie dieselfde as dié van jou linkervoet nie.
  • Wanneer jy normaal loop, is jou hele voet nooit plat op die grond nie.  
  • As jou voete nie skeef trap nie, wys jou tone reguit vorentoe wanneer jy stap. Die eerste punt van kontak is jou hak, dan die buitenste rand van jou voet, dan die bal van jou voet, en uiteindelik die groottoon.
  • Om op een plek stil te staan, is baie meer vermoeiend as om te stap. Die rede is omdat dieselfde spiere oor 'n lang tydperk gebruik word.  
  • Liddorings en eelte is nooit normaal nie, maar is die voetprobleme wat die mees algemeen voorkom. Dit kan aandui aan dat jy skeef trap of dat jy beter skoene nodig het. Die volgende op die lys van algemene voetprobleme is vratte, blase, atleetsvoet en skeure.  
  • Die vel aan jou voete is dikker as op enige ander plek aan jou liggaam.  
  • Wanneer jy onder spanning verkeer, is jy meer vatbaar vir die virus wat vratte op jou voete veroorsaak.  
  • Wanneer jy skoene koop, is dit altyd goed om dit laat in die dag te doen wanneer jou voete moeg is en effens opgeswel mag wees. Dit beteken dat jy nie skoene wat te klein is, sal koop nie.

Algemene vrae oor voete

(Bron: The People's Almanac. Redigeerders: David Wallechinsky en Irving Wallace.)

(Susan Erasmus, Health24, hersien April 2011)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE