Share

125 SA rokers sterf daagliks

Volgens die Nasionale Raad Teen Rook sterf ongeveer 125 uit die 23% van alle Suid-Afrikaners wat rook elke dag as gevolg van hierdie gewoonte. Volgens dié raad is dit 'n totaal van 44,400 sterftes per jaar.

Die afskaling van die rookgewoonte van die huidige 23% tot 5% oor die volgende drie dekades is wél moontlik. "Die tabak-beheer-veldtog sal egter opgeskerp moet word. Veral die regering sal aandag moet gee aan die huidige tabak-belasting-beleid wat dringend hersiening nodig het."

Globale aksie 'n top prioriteit

Volgens die leidende mediese joernaal The Lancet behoort dringende globale aksie om die gebruik van tabak in te perk, 'n top-regeringsprioriteit te wees.

Dit sal ons help met die stryd om sterftes vanweë siektes soos beroertes, hartaanvalle en kanker te verminder.

'n Globale span wetenskaplikes het reeds voorgestel dat die Verenigde Nasies (VN) moet mik vir 'n "bykans tabak-vrye wêreld teen 2040, waar minder as 5% van die mensdom tabak sal gebruik."

The Lancet berig dat hierdie aanbeveling gedoen gaan word tydens die eerste VN Hoëvlak-vergadering van die Algemene Vergadering oor chroniese nie-oordraagbare siektes (NCDs), wat in September 2011 gehou word.

Die raad sê dat die vergadering 'n platvorm sal bied vir kragdadige internasionale aksie om optrede teen nie-oordraagbare siektes te ontwikkel, implementeer en befonds.

Daar sterf wêreldwyd elke dag ongeveer 15,000 mense aan siektes wat deur tabak veroorsaak word.

"Hierdie toename is as gevolg van die tabakindustrie se onbeheerde aktiwiteite en aanhoudende pogings om tabak-beheer-beleid te beïnvloed en te kniehalter," sê The Lancet.

Die joernaal voeg by dat sleutel-stappe om tabak-gebruik te ontmoedig, sou wees om belasting op tabakprodukte te verhoog, gesondheidswaarskuwings op tabakverpakking aan te bring, die instelling van rookvrye werksplekke en openbare spasies, 'n algehele verbod op tabakpromosie en beheer oor onwettige handel.

(Sapa, April 2011)

Lees verder:
Hou op rook
Maniere om op te hou rook

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE