Share

12 wenke om minder te rook

Om slegs minder te rook, is uiteraard nie ideaal nie: om heeltemal op te hou, is eintlik waarna 'n mens moet streef. Maar om die rookgewoonte af te skaal, is heelwat beter as niks. As jy voel jy is nog nie heeltemal reg om summier op te hou nie, is briek aandraai miskien 'n stap in die regte rigting.

As inperking jou enigsins gaan baat, moet jy die saak ernstig opneem, rekord hou van presies hoeveel jy rook en verseker dat jy inderdaad vooruitgang maak.

Wenke oor hoe om minder te rook:

  • Wees intens bewus van hoeveel jy rook – hou 'n geskrewe rekord. As jy outomaties rook sonder om veel aandag daaraan te skenk, is dit maklik om meer te rook. Vra jouself voor elke sigaret: het ek dit werklik nodig? Kan ek dit uitstel, of selfs net los? Oefen om sielkundige beheer te herwin. Jy kan verskeie maniere gebruik om jouself meer bewus te maak van elke sigaret wat jy rook: rook op 'n spesifieke, ongewone plek (probeer byvoorbeeld om in 'n hoek vas te kyk), of gebruik jou ander hand om die sigaret vas te hou.
  • Analiseer jou ander gewoontes, byvoorbeeld eet, drink, alkohol en die tyd wat jy saam met ander rokers in 'n rookgevulde omgewing deurbring. Werk daaraan om gedragspatrone wat rook bevorder, te verander.
  • Besluit vooruit hoeveel sigarette jy die volgende dag gaan rook en verwyder die res uit die pakkie.
  • Steek elke dag jou eerste sigaret van die dag 'n bietjie later aan.
  • Moenie die sigaret tot heel onder rook nie. Rook net driekwart van elke sigaret.
  • Skakel oor na 'n handelsmerk waarvan jy nie hou nie. Of skakel 'n paar weke voor die datum wanneer jy wil ophou na 'n ligter soort oor, om jou liggaam te help om aan minder nikotien gewoond te raak. Maak egter net seker dat jy nie meer van die ligter sigarette rook, dieper intrek of die gaatjies in die filters toedruk nie.
  • Moenie jou asbakke leegmaak nie: dit sal jou herinner hoeveel sigarette jy elke dag rook, en dit is onooglik. Party mense hou hul sigaretstompies in 'n glashouer om hulle fisies aan hierdie "vuil gewoonte" te herinner.
  • Hou jou sigarette op plekke waar dit moeilik is om te kry (soos op 'n hoë rak), of plaas die sigarette in houers wat moeilik is om oop te maak. Dit sal ook help om jou meer bewus te maak van elke sigaret wat jy rook.
  • Maak een pakkie klaar voor jy nog een koop, en moenie sigarette in grootmaat koop nie.
  • Moenie sigarette saam met jou neem as jy uitgaan nie.
  • Moenie sigarette van ander rokers aanvaar of daarvoor vra nie.
  • Vra suksesvolle eks-rokers watter metodes hulle gebruik om van sigarette weg te bly, en oorweeg dit om hulle oplossings in jou lewe toe te pas.
  • Begin dink aan 'n datum wanneer jy wil ophou.

- (Olivia Rose-Innes, Health24, hersien Augustus 2010)

Lees verder:
Berei jou voor vir die stryd
Alles oor 'n verbod op rook in die huis

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE