Share

12 kommerwekkende hospitaal-statistieke

’n Hospitaalbesoek op een of ander stadium van jou lewe is onvermydelik. Dit is eenvoudig nie moontlik om tuis ’n niersteen of ’n ontsteekte blindederm te behandel nie. Om op te som, wanneer jy hospitaal toe moet gaan, is dit waarskynlik omdat jy nie ’n ander keuse het nie. 

Daar is egter baie goeie redes hoekom ’n hospitaalverblyf nie ligtelik opgeneem moet word nie: die volgende statistieke is nogal vreesaanjaend – maar as ’n mens te angstig begin raak, sal jy ook nooit in ’n motor klim of in ’n vliegtuig vlieg nie.

Kyk ’n bietjie na party van hierdie statistieke wat deur die Wêreld Gesondheidsorganisasie vrygestel is:

  • Miljoene mense sterf elke dag as gevolg van mediese foute en besmettings wat aan gesondheidsorg gekoppel word, en om hospitaal toe te gaan, behels ’n veel groter risiko as om te vlieg.
  • As jy deesdae in enige land in ’n hospitaal opgeneem word, is jou kanse om aan ’n fout blootgestel te word ongeveer een uit 10. Jou kanse om as gevolg van ’n fout deur gesondheidsorg te sterf is omtrent een uit 300.
  • Dit kan vergelyk word met die risiko vir sterfte van ongeveer een uit elke 10 miljoen lugpassasiers, volgens Dr. Donaldson, die voormalige hoof mediese offisier van Engeland.   
  • Meer as 50% van besmettings kan voorkom word as gesondheidswerkers hulle hande met seep en water of ’n alkohol-gebaseerde handewasmiddel was, voor hulle pasiënte behandel.
  • Op ’n gegewe oomblik sal 7 uit elke 100 gehospitaliseerde pasiënte in ontwikkelde lande, en 10 in ontwikkelende lande ten minste een gesondheidsorg-geassosieerde besmetting opdoen, volgens die WGO.
  • Hoe langer pasiënte in ’n intensiewe sorgeenheid bly, hoe groter is hulle kanse om ’n besmetting op te doen. 
  •  Mediese hulpmiddels soos urinêre kateters en ventilators word met ’n hoë risiko vir besmetting geassosieer.
  • Elke jaar word daar in die VSA 1.7 miljoen besmettings in hospitale opgedoen, wat tot 100,000 sterftes lei. Dit is veel hoër as in Europa waar 4.5 miljoen besmettings jaarliks net 37,000 sterftes veroorsaak, volgens die WGO.
  • Die risiko is selfs hoër in ontwikkelende lande waar omtrent 15% van pasiënte besmettings opdoen, sê Dr. Benedetta Allegranzi van die WGO se "Clean Care is Safer Care" program.
  • Die risiko is inderdaad hoër in die hoë-risiko areas van die hospitale, veral in intensiewe sorg eenhede of neonatale eenhede in ontwikkelende lande. 
  • Ongeveer 100,000 hospitale wêreldwyd gebruik tans die WGO se chirurgiese veiligheidslys, wat volgens die agentskap chirurgiese komplikasies met 33% en sterftes met 50% verlaag. 
  • As hierdie kontrolelys wêreldwyd effektief gebruik word, kan dit volgens die WGO jaarliks ’n geskatte 500,00 sterftes uitskakel.

 (Reuters Health, Stephanie Nebehay, Health24, Susan Erasmus, Julie 2011) 

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE