Share

10 irriterende dinge wat vroumense doen

Hierdie is nie 'n standaard anti-vrou artikel nie. Dis net 'n poging om 'n paar van daardie irriterende gewoontes van party vrouens uit te lig.

Hierdie artikel mag ook help om te verduidelik hoekom die een doodgewone vrou 'n woelige sosiale lewe het, terwyl haar beeldskone eweknie elke Saterdagaand alleen voor die TV deurbring.

Klakous. Geen man is lus om betrokke te raak by iemand wat die hele tyd oor alles kla nie – van die weer tot die fliek, tot die manier hoe ander mense bestuur. Dit is moeilik genoeg om positief te bly, en met so 'n negatiewe aanslag deur jou metgesel vir die aand kon jy maar net so goed by die huis gebly het. Jy sou heelwat vroliker gevoel het.

Liggaamsbeheptheid. Of dit nou die media se skuld is of wat ook al, die meeste vroue is nie heeltemal gelukkig oor hulle fisiese voorkoms nie. Konstante onsekerheid oor hoe sy lyk, kan enige man se geduld ernstig op die proef stel. Dit maak ook enige kompliment 'n potensiële slaggat. Die punt is, tensy daar regtig iets buitengewoon gebeur het soos 'n 30kg gewigsverlies – let mans dit eenvoudig nie op nie.

Fortuinsoeker. Die meeste mans sal nie 'n tweede afspraak maak as hulle die gevoel kry dat hulle metgesel meer in hulle bankbalans as hulle persoonlikheid belangstel nie. Ons lewe in die een-en-twintigste eeu en vroue behoort in staat te wees om vir hulself te sorg en nie bloot op die uitkyk te wees vir iemand om die rekeninge te betaal nie.

Buierigheid. Almal van ons het dae wanneer ons minder vrolik voel, maar as iemand jou ure of dae lank uitsluit sonder om te verduidelik hoekom, kan dit 'n mens nogal afsit. En die enigste rede is dat jy nie haar gedagtes kan lees nie. (As jy dit kon doen, sou jy êrens in 'n karavaan gesit en 'n fortuin as 'n waarsêer gemaak het.) Stel jou voor wat sal gebeur wanneer daar eendag 'n regte krisis opduik – as sy nou só optree net omdat sy nie van jou fliek-keuse gehou het nie?

Geen ander belangstellings nie. As 'n vrou nie opgewonde raak oor enige ander belangstellings soos sport of stokperdjies nie, en net op 'n bestaande verhouding (of op die volgende een) kan konsentreer, kan dinge erg vervelig raak.

Die ridder op die wit perd. Hierdie is die een-en-twintigste eeu en die tyd dat 'n vrou kan terugsit en wag vir iemand om al haar probleme te kom oplos, is verby. Baie mans is ook nie juis lus om volle verantwoordelikheid  vir iemand anders se bestaan te aanvaar nie – deesdae is dit 'n vyftig-vyftig vennootskap.

Modeslawe. "Die mode is so 'n lelike ding dat dit elke ses maande moet verander," het Oscar Wilde destyds gesê. Die meeste mans is nie baie modebewus nie en verkies 'n baie gemiddelde styl vir hulself en die vroue met wie hulle uitgaan. Iemand wat nêrens wil gaan sonder grimering, of sonder om soos 'n modepop in die nuutste mondering uitgevat te wees nie, is 'n pyn in die nek. Dikwels is 'n doodgewone, gemaklike styl piekfyn.

'n Obsessie oor ekse. Tensy 'n vrou vir die eerste keer in haar lewe saam met 'n man uitgaan, het sy beslis 'n storie of twee oor 'n eks. Los dit liewer! Mans hou nie van eindelose klaagliedere oor ekse nie. Hulle wil nie oor ekse hoor nie. Einde van storie! Buitendien, as 'n vrou die hele aand oor haar eks praat, beteken dit sy het hom nog nie laat gaan nie.

Beheerdrang. Die meeste afsprake/verhoudings vereis 'n sekere mate van toegee aan altwee kante. Maar 'n man hou nie daarvan om altyd te moet terugstaan nie – en vrouens ook nie. Maar as iemand vanuit die staanspoor altyd in beheer wil wees, is 'n tweede afspraak miskien nie 'n goeie idee nie. Dit gaan in hierdie geval nie werklik oor watter restaurant of watter fliek nie, maar oor wie in beheer is. Wie is nou lus vir 'n lewenslange stryd oor wie die baas is?

Stemstuipe. Dit is miskien onregverdig omdat mense nie altyd hulle stemtoon kan kies nie. Maar 'n stem wat soos 'n kettingsaag vir ure lank deur murg en been sny, sal die meeste mans ook twee keer laat dink voor hulle dié vrou weer uitvra. The Nanny was wél snaaks, maar om daardie stem te moet verduur as jy met 'n babalaas sit? - (Susan Erasmus, hersien Oktober 2010, Health24)

Vra CyberShrink 'n vraag.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE