Share

10 immuniteit-versterkers

Dit maak soveel meer sin om jou immuunstelsel as 'n voorkomingsmaatreël 'n hupstoot te gee, as om daarmee te sukkel wanneer jy reeds siek is.

Hier is tien belangrike dinge wat jy volgens deskundiges moet doen om gesond te bly.

Anti-oksidante het 'n direkte uitwerking op jou immuunstelsel. Verhoog jou inname van die anti-oksidante vitamien C, vitamien A, beta- en gemengde karotiene, vitamien E en selenium. Eet liewer die kosse wat hierdie anti-oksidante bevat as om aanvullings te gebruik – studies het getoon dat dit nadelig vir jou gesondheid kan wees.

Vrugte en groente daagliks. Eet baie vars vrugte en groente en drink elke dag 'n glas vars, uitgedrukte lemoensap (met 240mg vitamien C per glas dek dit 'n kind se daaglikse behoeftes gedurende die winter, maar volwassenes het 'n bietjie meer nodig).

Stresontlading. Beheer jou stres met daaglikse ontspanningstegnieke. Voortslepende stres plaas ongelooflik baie spanning op jou immuniteit, wat jou vatbaar maak vir al die virusse wat die rondtes doen.

Drink baie tee. Navorsers in Boston het bevind dat mense wat vyf tot ses koppies swart tee per dag drink 'n versterking van dié deel van die immuunstelsel ondervind wat as die eerste verdedigingslinie teen infeksie dien.

Meer as net graankos. Franse en Spaanse navorsers het bevind dat graankos wat ryk aan polifenole is die immuunstelsel kan herbou en jou lewensverwagting verhoog.

Unieke soja. Prebiotika soos die oligo-suikers (wat gefermenteer en nie verteer word nie) in soja laat die immuniteit-versterkende organismes vinniger groei en verhoog die positiewe uitwerking daarvan.

Pre- en probiotika. Pre- en probiotika is sterk immuunversterkers. Prebiotika is voedselkomponente wat die voedselvoorraad van die bakterieë in die verteringstelsel verhoog, sodat die voordelige bakterieë kan groei en gedy. Probiotika is kulture van die voordelige bakterieë wat in die verteringskanaal van gesonde mense voorkom. Probiotika verhoog die opname van belangrike minerale uit die verteringstelsel en voorkom sodoende tekorte wat immuniteit verlaag.

Noodsaaklike voedingstowwe. Mikro-voedingstowwe soos vitamien A, yster en sink versterk die immuniteit van oud en jonk. Vitamien A verminder die risiko vir infeksie. Yster versterk immuniteit deur middel van 'n aantal belangrike ensieme en immuniteitsfaktore. Sink speel 'n belangrike rol in normale groei en verhoog teenliggaamproduksie.

Verminder jou kilojoule-inname. Navorsers meen dat deur kilojoules te verminder, 'n mens die selle in die immuunstelsel wat belangrik vir die bevegting van infeksie is, versterk. In 'n studie op Rhesus-ape  is daar bevind dat kilojoule-beperking die onderhoud en produksie van T-selle verbeter.

- (Marcus Low, Health24, hersien April 2011)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE