Share

’n Dag in die lewe van ’n waaksaal (ICU)

accreditation
Ek weet nie of ek gelukkig of ongelukkig was om drie keer binne ses maande in ’n waaksaal te beland nie. Gelukkig omdat ek elke keer vir waarneming of voorkoming daar was. Ongelukkig omdat ek elke keer vir waarneming of voorkoming daar was.

Laat ek verduidelik.

Om nou nie doekies om te draai nie: Dit gaan dol in die waaksaal en dis eintlik net geskik vir pasiënte wat te swak is om dit agter te kom. Jy kry geen rus nie en bitter min privaatheid. Dis net die ene ligte, bliepende masjiene en aksie! En hét ek aksie te siene gekry . . .

Onbelemmerde uitsig

Nadat ’n breingewas by my gediagnoseer is, het ek ’n breinoperasie ondergaan en ’n paar interessante newe-effekte ván newe-effekte ontwikkel. Al drie kere dat ek in die waaksaal was, was ek die gesondste onder die pasiënte. Die oop uitleg (dit is net een groot saal met bedden steen die mure) het my ’n onbelemmerde uitsig op al die bedrywighede gegee en ek het gevoel asof ek ’n speler in ’n mediese sepie was. Dokters en verpleegsters het in en uit geskarrel, pype in pasiënte se kele afgedruk en gepraat oor “pulse-ox dit” en “BP dat”. Een aand het een van die chirurge ingekom en sowaar ’n lugpyp-insnyding op die vrou langs my gedoen . . . sommer net so!

Die mense in die waaksaal is oor die algemeen baie siek en dikwels bejaard. Elke oggend wanneer ek wakker word, het ek gewonder of een van die pasiënte  dalk in die nag gesterf het. Die mense op die randjie van die dood het God dikwels aangeroep en ek het gewonder of hulle Hom dan gesien het.

Ek kon nie help om op te let hoe verskillend familie en vriende van die ernstig siek mense optree nie.

Eers het ek amper gedink daar is ’n wedloop om te kyk wie kan die vinnigste by die waaksaal in en uit – ek het half verwag om ’n tydhouer met ’n stophorlosie om die hoek te sien spring.

Liefde en steun

Een keer het ek ’n vrou dopgehou wat nie langer as een minuut daar was nie. Sy het wel drie keer op een dag gekom, maar geen besoek het daardie perk oorskry nie. Ek was verstom. Dit moes haar langer gevat het om parkering te kry en met die hysbak op en in die gang af te kom! Miskien het sy dan net een minuut oorgehad om besoek af te lê — maar ek dink eintlik sy kon nie die ernstige siekte of naderende dood van haar geliefde aanvaar nie.

Dan was daar weer mense war ure, dae, weke en selfs maande daar deurgebring het. Een pasiënt, wat agter ’n glasafskorting was, se rekenaar is selfs opgestel en haar lewensmaat het eike aand saam met haar kom DVD’s kyk (daar is nie TV’s in die waaksaal nie). Gesinne het soms in skofte gewaak sodat daar altyd iemand was, of in klein groepies saggies kom gesels, of net ’n bewustelose geliefde se hand vasgehou en so stilweg liefde en steun gegee.

Om ’n siek mens se hand vas te hou, is iets besonders. Ek het agtergekom dat selfs ai was ek nie so siek soos die ander pasiënte daar nie, ek regtig graag my besoeker se hand wou vashou – ongeag of dit familie, ’n vriend of ons nuwe pastoor was wat ek nog nie voorheen ontmoet het nie. (Ek hoop hy het nie gedink ek is te eienaardig nie!)

Daar was iets onbeskryflik vertroostend in dié menslike aanraking. Al het ek dikwels ingesluimer, het daardie nabyheid oneindig baie vir my beteken.

Ek is dankbaar vir die tyd wat ek as pasiënt in ’n taamlik skrikwekkende plek deurgebring het, en ek het besef hoe belangrik dit is dat iemand net daar is – maak nie saak of jy dit weet of nie.  

Deur Lynn Ferreira

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE