Share

Ag nee, sies man!

Kry blitsfeite oor 'n paar gewone en ongewone dinge waaroor 'n mens nie juis praat nie.
Deur die Huisgenoot-POLS-verslagspan

Die stinkbom in jou broek
’n Mens produseer gemiddeld 1 liter gas in ongeveer veertien klein verpakkings per dag. Die presiese samestelling van die gas hang af van die kos wat jy geëet het, hoe baie lug jy die dag gesluk het, die soorte bakterieë in jou dermkanaal en hoe lank jy die wind probeer terugknyp.

Dis die bietjie swawel- en stikstofverbindings afkomstig van die kos wat nie behoorlik verteer het nie, en die dikderm-bakterieë wat die reuk veroorsaak. Die swawelverbindings is hoofsaaklik waterstofsulfied (die gas wat soos vrot eiers ruik) en merkaptaan. Stikstofryke verbindings is hoofsaaklik skatole en indole. Swawelryke kosse soos kool, eiers en vleis lei tot gasse wat slegter ruik. Boontjies produseer wel baie gasse, maar nie so ’n slegte reuk nie.

Het jy geweet? Die druk van elke windjie is amper twee keer meer as die druk in jou motorbande.

'n Mens kan meer as twee tepels hê
Het jy geweet dat twee persent van alle vroue en een persent van mans ’n derde of selfs meer tepels het?

Een vrou het selfs tien tepels gehad wat almal tot volwaardige borste ontwikkel het. Die ekstra tepels lê op die mens se melklyne wat aan weerskante van die bors van die armholte regdeur die normale tepelposisie tot in die lies loop.

Dit kan soos ’n moesie lyk of selfs soos ’n herkenbare tepel, en in seldsame gevalle tot borste ontwikkel.

Bekendes met ekstra tepels is die akteur Mark Wahlberg en die sangeres Lily Allen.

Vra jou dokter om die ekstra tepel te verwyder as dit jou pla.

’n Platte of punt-in die-wind
Die meeste mense se naeltjies is plat, maak ’n holtetjie en het ’n netjiese halfmaantjie vel aan die bokant.

Die onderkant van die naeltjie heg gewoonlik aan die buitenste maagspiere vas. As daar littekenweefsel vorm tussen die naeltjie en die spierwand, druk die weefsel en die bietjie vetweefsel onder die vel die naeltjie na buite.

As die naeltjie woes uitstaan, is dit dalk ’n naeltjiebreuk wat reggemaak moet word anders kan die dunderm tussen die opening in die maagspiere vasgeknyp word.

Die naeltjie is die oorblyfsel van die naelstring van ’n baba wat net na geboorte afgesny word.

167km/h
Die spoed waarteen ’n griepvirus vorentoe skiet as jy nies.

Dit trek maklik 5m ver en kan almal in sy pad aansteek.

Kliek hier vir meer inligting oor griep.

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE