Share

Die mini-blaaskans

Die lewe is ’n dolle gejaag. Daarom luister jy na dié radio terwyl jy bestuur, kyk jy TV  terwyl jy eet, beplan jy jou dag in die stort en beantwoord jy selfs jou e-pos terwyl jy oor die foon praat.

Ja, jy kry dalk meer gedoen, maar jy as ook meer gejaag as ooit tevore. Is dit nie tyd dat jy tot stilstand kom (al is dit net vir ’n rukkie) om die helende krag van ’n gereelde mini-blaaskans te ervaar nie?

Die vyf-minute-wonder

Volle bewuswording – om met oorgawe in die oomblik te wees – is die grondslag van alie meditasie-prosesse. Meditasie is dan ook die sleutel tot die soort blaaskans wat jou die beste sal opkikker. Die vinnigste en maklikste manier is deur op een sintuig op 'n slag te fokus – en net vir vyf minute.

Doen dit sommer nou: Hou eike paar uur op met dit waarmee jy besig is en konsentreer vyf minute lank op een van jou sintuie soos hieronder beskryf word. Jou ander sintuie sal natuurlik wil inmeng, maar dis niks om jou oor te bekommer nie. Solank jy jou malende gedagtes rig op jou gekose fokuspunt, sal jy so vars voel soos iemand wat pas geslaap het.

  1. Sig

Het jy al gesien hoe babas die kleinste goedjies kan dophou? Die geringste ding trek hul aandag – van blare wat in die sonlig beweeg tot ’n sonbesie wat teen die muur opkruip. Vind iets wat jou kalm laat voel en fokus daarop – miskien is dit die wolke wat stadig verby die wolkekrabbers daar buite beweeg, dalk is dit ’n weerkaatsing in ’n venster. Gee jou oor aan die ervaring om vir ’n paar minute bloot na een ding te kyk. As jou gedagtes afdwaal, bring hulle terug. 

  1. Aanraking

Enigiemand wat die een of ander tyd sonder warm water moes klaarkom, sal jou kan vertel watter fantastiese ervaring ’n warm stort kan wees.  Gebruik dié ervaring as ’n meditasie-oomblik. Konsentreer op die warm water – ervaar ten volle hoe dit oor jou lyf vloei. Gebruik ’n seespons, lyfskropmmidel en olyfolieseep en konsentreer op die verskillende sensasies wat jy ervaar.

  1. Reuk

Dié sintuig is baie kragtiger as wat jy dink. Vind ’n sonnige plek op die gras en sit vir ’n paar minute daar. Asem die reuk van die gras in, die na grond en die droë blare en laat hierdie geure van jou kinderdae jou terugvoer na daardie sorgelose tyd in jou lewe.

  1. Smaak

Sit vandag vyf minute ekstra opsy om jou middagete te geniet. Moenie dit by jou lessenaar eet of vinnig afsluk nie, maar gaan sit gemaklik agteroor en geniet elke happie. Dink oor wat jy eet – en nou praat ons nie van hoeveel kilojoules, vet of suiker dit bevat nie, maar oor hoe jy die smake in jou mond ervaar.

  1. Gehoor

Gaan stap buite of staan vroeg in die oggend vyf minute lank op die balkon. Word meegevoer deur al die klanke wat jy hoor. Dalk is dit die gekwetter van voëltjies, ’n hond se geblaf of die gedruis van die verkeer. Luister bloot na die klanke van jou woonbuurt en neem dié tuiswees-gevoel saam met jou vir die res van die dag.

 

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE