Kompakte fluoorligte gebruik 75% minder energie as konvensionele gloeilampe. Dit bevat 'n klein hoeveelheid kwik wat veilig verseël is en verdamp, sou 'n gloeilamp breek. Indien dit gebeur, ontruim en ventileer die vertrek vir 10 minute. Plaas die gebreekte glas in 'n verseëlbare houer en verwyder skerwe en stof met 'n klam lap of kleefband. Moet dit nie stofsuig nie.
Olivia Rose-Innes, Health24, Augustus 2012