Talle sintetiese "lugverfrissers" stel chemiese gifstowwe vry, waaronder karsinogene (pasop vir die "reuklose" produkte ook). Daar is heelwat nie-giftige alternatiewe: absorbeer reuke met koeksoda, vee oppervlakke met wit asyn, en hou jou omgewing vars met gedroogde kruie, blomme, pruttelende speserye, sitrus, geurige huisplante of vars koffiebone. Besoek Health24 vir nog vars groen wenke.
Olivia Rose-Innes, Health24, Mei 2012