Het jy geweet die wêreld se grootste rommelitem is sigaretstompies? Brandende stompies skep nie net 'n brandgevaar nie, doodgedrukte stompies loog gifstowwe uit, duur jare voordat dit vergaan en word deur wild opgeneem. Wanneer jy weer 'n stompie op 'n strand of wandelpad sien, moenie gal braak nie, tel dit op! Kapenaars kan die Stompielyn by 021 424 7715 skakel om mense wat stompies by voertuigvensters uitgooi te rapporteer. Kliek hier vir nog Health24-wenke oor hoe om korte mette van gemors te maak.
Olivia Rose-Innes, Health24, Mei 2012