Moet nooit kommersiële skoonmaakmiddels meng nie aangesien dit 'n gevaarlike reaksie tot gevolg kan hê. Ammoniak gemeng met chloorbleikmiddel stel byvoorbeeld brandende giftige gasse vry. Lees produkaanwysings, werk in goed geventileerde vertrekke en beperk chemiese produkte in jou huis tot die minimum – dis skadelik vir jou en die omgewing wanneer dit in dreins afgespoel word. Besoek Health24 vir nog wenke oor gifstowwe.
Olivia Rose-Innes, Health24, Julie 2012