As jy jou motor se engin laat luier, veroorsaak jy besoedeling. Dis boonop nie kostedoeltreffend nie - 'n engin wat langer as 30 sekondes (soms selfs minder) luier, gebruik meer brandstof as wanneer jy die motor weer aanskakel. Sluit dus liewer die motor af wanneer jy kan, soos terwyl jy op passasiers wag, en vermy spitsverkeer en lang toue. Moderne engins neem slegs 'n paar sekondes om warm te word. Vir nog gesondheids- en omgewingsinligting kliek hier.
Olivia Rose-Innes, Health24, Mei 2012