Dit verg baie hulpbronne om gebottelde water te produseer, dit dra by tot afval en is nie noodwendig gesonder nie. Ons kraanwater is oor die algemeen drinkbaar. Die kouewaterkraan is die beste vir drinkwater, aangesien warmwatertenke wat nie deeglik in stand gehou word nie water van 'n laer gehalte kan hê. Besoek Health24 vir nog gesondheids- en omgewingsinligting.
Olivia Rose-Innes, Health24, Mei 2012